Willie Spies gesels op Vry Afrikaner oor die vryheidsideaal, waar Orania in die prentjie pas en wat Afrikaners kan doen om ’n verskil te maak. Na al die harde werk wat hy ingesit het om Julius Malema in die hof te beveg en sodoende die gewraakte “Kill the Boer” lied te verban, brei Willie uit oor sy rol by AfriForum en die redes waarom hy sedert sy studentejare betrokke is met die skepping van ’n ruimte waarin Afrikaners vry en veilig kan wees.
Posted in: KANAAL VA
Quintin Diederichs
December 28, 2011
Dis lekker om sulke nugter argumente te hoor! Sodra mens betrokke raak by die oplossing wat Afrikaner vryheid ons bied, dan verander jou lewensbeskouing en algehele gemoedstoestand byna oornag.
Mens is meer geneig om jou energie en tyd te bestee op iets wat werk. Willie Spies som Orania baie goed op en dis wonderlik dat ons reeds iets het om te wys vir ons ideaal. Natuurlik is Orania nog klein en is die gebied nie naastenby die eindproduk nie, maar sonder Orania sou ons nog in die blokke gesit het.
Die volkstaat word deur mense gebou – hoe meer mense saambou, hoe vinniger en groter sal dit groei. Dis in alle opsigte waarlik bevrydend om betrokke te wees… en dit alles begin net om Orania te besoek, aan te sluit by die Orania Beweging en fisies, ekonomies en sosiaal deel te word van die groeiende vry Afrikanervolk.