Die herstel van die Afrikaner se vryheid in ‘n volkstaat onder ‘n eie regering


Die woord republiek is afkomstig vanuit die Latynse res publica, of “publieke saak”. In die mees basiese sin is die republiek ’n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit ’n monargiese, oorerflike  of ander beginsel.

Die republikeinse staatsvorm word in wese daardeur gekenmerk dat dit ‘n verteenwoordigende stelsel is waardeur die volk die wetgewende en uitvoerende gesag aan ‘n demokraties verkose regering toevertrou. Die volk se vryheid word gewaarborg deur die gereelde verkiesing van verteenwoordigers uit hul eie geledere wat verantwoordelik is om die volk se beste belange te bevorder met alle hulpbronne tot die staat se beskikking.

Die Afrikaner is sedert 27 April 1994 deel van ‘n bedeling waarin die volk as minderheidsgroep onderdanig is aan groter volke en hul regering (ANC). Die groter volke se verafrikaniseerde visie m.b.t. die funksionering van die samelewing verskil hemelsbreed van die Afrikaner se westerse norme en waardes.

Konflikterende en meestal onversoenbare belange veroorsaak dat die beleid van die ANC die Afrikaner toenemend polariseer met die gevolg dat diskriminasie, ras gemotiveerde misdaad, werkloosheid, dreigende grond onteiening, intimidasie, haatspraak en ‘n groeiende volksmoord die daaglikse realiteit vir die volk geword het.

Ten einde die Afrikaner se voortbestaan te verseker deur sy republikeinse vryheid in ‘n Afrikaner volkstaat te herstel, is daar net een  wettige en internasionaal aanvaarde proses wat gevolg kan word:

1. Die Afrikaner moet ‘n meerderheid in ‘n duidelik identifiseerbare gebied vorm.

2. Alle arbeid moet deur Afrikaners verrig word in hierdie gebied.

3. Die verteenwoordigers van die gebied wat wil afstig moet hulself beywer vir deurlopende vreedsame onderhandelings met die ANC beheerde staat en ander rolspelers.

4. ‘n Regverdige verkiesing moet gehou word om te bepaal of die meerderheid van die inwoners in hierdie gebied onafhanklik van die ANC beheerde staat wil wees.

5. Die verteenwoordigers van die gebied wat wil afstig moet kan bewys dat hulle in staat is om te regeer en dat die regte en belange van nuwe minderhede beskerm sal word.

Die yl bevolkte Noordwes Kaap is die enigste gebied in suidelike Afrika waar die Afrikaner meerderheidsbesetting kan bewerkstellig, waar daar genoeg natuurlike hulpbronne is om die Afrikaner selfvoorsienend te maak en waar ons reeds ‘n historiese verbintenis met die grond het. Die gebied moet in lyn wees met ons getalle, behoeftes en vermoë om die grense te verdedig teen enige aggressor.

Die proses in terme van die herstel van die Afrikaner se vryheid is reeds in werking gestel. Die Afrikaner is reeds besig om meerderheidsbesetting in hierdie gebied te bewerkstellig deur nuwe Afrikaner dorpe soos Orania met hul eie arbeid, fondse en kundigheid te bou. Eie grond, eie arbeid – nuwe toekoms.

VRYHEID IN ONS TYD!

 

25 Responses “Die herstel van die Afrikaner se vryheid in ‘n volkstaat onder ‘n eie regering” →
  1. Ek stem in ‘n mate saam met die gebied wat geidentifiseer is as toekomstige volkstaat, lyk vir my net bietjie klein. Hierdie deel van die land beskik ook natuurlik nie oor enige grondstowwe nie. Ek sou ook wou sien dat daar nog van hierdie gebiede ontwikkel moet word soortgelyk aan hoe die ou Boputhatswana daar uitgesien het. Wat ek ook dink ons moet aan werk is kulturele selfbeskikking buite hierdie gebiede omdat al ons mense nie onmiddelik na hierdie volkstate kan emmigreer nie.

    Dit is goed as daar alreeds meerderheids besetting in die gebied bewerkstellig word met natuurlik nywerheids ontwikkeling om werk te skep. Dit wat daar bereik word en die suksesse daarvan moet aan die afrikaner gemeenskap bekend gestel word, so sal meer mense daarheen wil trek as hulle moeg raak vir die chaos elders in die land.

    Reply
    • Mike, dankie vir jou bydrae.

      Jy se: “Ek stem in ‘n mate saam met die gebied wat geidentifiseer is as toekomstige volkstaat, lyk vir my net bietjie klein.”

      Die aangewese gebied is glad nie die finale produk nie. Dit sal aanpas na mate die volkstaat ontwikkel. Ek kan egter nie sien dat die volkstaat enigsins groter sal wees nie as wat aangedui word nie. Onthou, ons is ‘n baie klein volk en nie alle Afrikaners sal binne een geslag in die volkstaat vestig nie. Dan moet mens ook in ag neem dat die gebied se grense nie so groot moet wees dat ons dit nie kan verdedig nie.

      Jy se: “Hierdie deel van die land beskik ook natuurlik nie oor enige grondstowwe nie.”

      Dit is nie heeltemal waar nie. Hier is heelwat grondstowwe, o.a. diamante, maar onthou dat grootskaalse mynbou arbeidintensief is. Aangesien ons die volkstaat slegs met volkseie arbeid kan bou, is ‘n dienste ekonomie beslis ‘n beter opsie as ‘n nywerheid ekonomie. Natuurlik is nywerhede nodig maar dit moet nie die enjinkamer van die volkstaat se ekonomie wees nie.

      Jy se: “Wat ek ook dink ons moet aan werk is kulturele selfbeskikking buite hierdie gebiede omdat al ons mense nie onmiddelik na hierdie volkstate kan emmigreer nie.”

      Ek stem glad nie hiermee saam nie. Hoe “gemakliker” mens dit vir die Afrikaner binne die ANC-regime se staat maak, hoe langer gaan dit vat om ons vryheid uiteindelik te herstel. As mense kulturele selfbeskikking wil he dan moet hulle hervestig na gebiede waar die Afrikaner se taal en kultuur aktief bemagtig word. Orania is ‘n voorbeeld van so ‘n gebied. Die Afrikaner gaan die naelstring met Suid-Afrika moet knip indien hy in sy huidige vorm as identifiseerbare volk ernstig is oor sy toekoms in Afrika. Buitendien is daar niks wat mense keer om nou al te hervestig nie. Ek het vir die meeste van my lewe in Pretoria gewoon en het meer as ‘n jaar terug permanent op Orania kom woon nadat ek vir 2 jaar van te vore betrokke geraak het met belegging en besigheid op Orania. Dit is regtig nie so moeilik of ingewikkeld as wat mense dink nie. Vandag geniet ek in alle opsigte ‘n beter leefstyl as wat ek in Pretoria gehad het. Werk met ‘n plan.

      Jy se: “Dit wat daar bereik word en die suksesse daarvan moet aan die afrikaner gemeenskap bekend gestel word, so sal meer mense daarheen wil trek as hulle moeg raak vir die chaos elders in die land.”

      Hier slaan jy die spyker solied op die kop! Dit is presies die rol wat Vry Afrikaner speel. Daar moet meer gepraat word oor die suksesse wat in Orania behaal word om mense se belangstelling te prikkel.

      Reply
      • Quintin! dankie vir jou antwoord. Ek is nie so op hoogte van wat in daardie deel van die land aangaan nie maar dit bly vir my lekker om deel te kan he aan die beplanning van ons volkstaat.

        Kan ek vir jou vra, is daar spesifiek mense wat beplanning doen rondom ‘n strategie om hierdie gebied as volkstaat te ontwikkel?

      • Quintin, in die beoogde gebied is daar heelwat ontginbare grondstowwe, soos reeds genoem. My argument is, daar is ongeveer 800000 Afrikaans sprekende mense wat in haglike omstandighede bly, werkloos, verarm. Gaan dit onmoontlik wees om werkbare mense na Orania te neem, huisvesting te veskaf, asook voedsel werksklere en die nodige basiese dienste, inruil vir arbeid. Ek is bewus daarvan dat ‘n plek nie sonder finansies ontwikkel kan word nie, maar as die geld nie na ons toe kom nie, moet ons na die geld toe gaan.
        Dit mag tot n jaar neem voordat daar ‘genoegsaam finansies beskikbaar is om die mense ‘n salaris te kan betaal, maar dan moet die ouens in ‘n posisie geplaas word om ekonomies te funsioneer en sal daar vanuit die omstandighede addisionele werkskepping kan voortspruit as gevolg van die groeiende infra struktuur en ekonomie.
        Die eerste delwers het met die hand dwerk, daar was nie masjienerie nie, waar is Kimberley vandag,? Kimberley was woes en leeg totdat een klein klippie wat baie werd was, daar op getel is..Ek stem met Mike saam wat dieselfde gedagte as ek het, bring ONS mense in, vir daardie meerderheids besetting.
        Daar IS instansies wat ons goedgesind is en donasies sal maak en ook ontwikkeling sal voorstaan. Hulle wag vir ons om die EERSTE tree te gee.

    • Mike
      daar is baie grondstowwe maar laat dit daar dat daar niks is

      Reply
  2. Ek dink nie almal gaan trek om daar te gaan woon nie al wil ek hoe graag. Ek stem eerder vir TVL en Vrystaat en dan dink ek nog nie dis groot genoeg nie. Nog n beter idea- jaag die marmite manne in die see en dan VAT ons net die HELE land terug. Net n gedagte.

    Reply
    • Ralie – ek kan nie saam met jou stem nie al lag ek in my mou vir wat jy se. Onthou, ons bou ‘n volkstaat uit liefde vir ons eie en nie uit haat vir ander nie. Ons het alle reg gehad om die TVL en OVS te regeer en daar te woon maar het op nie minder nie as twee geleenthede ons seggenskap en aanspraak oor daardie gebiede weggeteken. Ek stem egter saam dat nie almal in die volkstaat gaan kan woon nie – nie almal het ‘n probleem met die ANC nie en hulle is welkom om onderdanig te wees aan hul regering as hulle dit so verkies. Die Afrikaners wat weet dat ons beter daartoe in staat is om self ons belange te bevorder in ons eie Afrikaner Republiek in die Noordwes-Kaap as wat die ANC ons belange bevorder in die NSA, is reeds betrokke by Orania of gaan nog betrokke raak by Orania. Elkeen moet vir hom- en haarself besluit.

      Reply
  3. Mike….hierdie gebied het baie diamante, ystererts en ander minerale soos ontgin word deur groepe soos Exxaro…..!

    Reply
  4. As a foreign supporter of Orania, I welcome the absence of serious mineral deposits in the area surrounding Orania. Valuable resources have led to war and tragody for the Afrikaner in the past. Besides, the Afrikaner historically, and culturally has had a close relationship to the land and I feel that the future Afrikaner economy will continue to have a strong focus on agriculture with upscale industries in food processing and manufacturing. The Afrikaner’s ancestors all stem from countries that have historically, and remain today, excellent manufacturers and the Afrikaner should, in my view, concentrate on agricultural and machine engineering in future. Neither of these requires raw materials but they do require intelligence and solid educational systems. Unlike diamonds and gold, they also hold promise for long-term prosperity and a more egalitarian society.

    Reply
  5. Mike, ja – die Afrikaner Vryheidstigting (AVSTIG) is reeds vir meer as 20 jaar besig om ‘n gedeelte van die aangewese volkstaat-gebied in die Noordwes-Kaap te ontwikkel.

    AVSTIG se strategie is gebaseer op die navorsing van die Suid-Afrikaanse Buro van Rasse Aangeleenthede (SABRA) wat reeds sedert die 1960′s navorsing begin doen het t.o.v. die beste strategie en ligging vir ‘n volkstaat.

    Die Noordwes-Kaap met sy yl bevolking en vele natuurlike hulpbronne was vroeg reeds geidentifiseer as die beste ligging vir ‘n volkstaat. Wyle dr. H.F. Verwoerd het juis die Oranjerivier Besproeiingsprojek in die Noordwes-Kaap geloods en 2 damme laat bou om die gebied te ontwikkel as ‘n hartland vir die Afrikaner.

    Vandag pluk ons die vrugte daarvan. Orania was dus nie per toeval gedurende 1991 in die Noordwes-Kaap gestig nie. Orania is die eerste tasbare en sigbare volkstaatgroeipunt wat as gevolg van AVSTIG en SABRA se moeisame navorsing en skitterende strategie in die lewe geroep is.

    AVSTIG se kultuur-politieke arm is die Orania Beweging. Daar is reeds byna 10 000 aktiewe ondersteuners van Orania Beweging. Sien gerus hul webwerf: http://www.orania.co.za

    Reply
  6. Met doe grootste respek aan die skrywer, wil ek aan die hand doen dat aangesien Pretoria die hoofstad was van die voormalige ZAR die onderhandelings met die ANC vanaf die uitgangspunt moet begin dat Pretoria en omliggende gebiede aan die Afrikaner behoort. Dit is ons hoofstad en basta! Daar is wel heelwat meer volksvreemdes in en om Pretoria as Boere, maar deur die beginsel van Volkseie arbeid te bevorder ontneem ons die volksvreemdes die rede vir hul teenwoordigheid binne die Volkstaat, naamlik werksgeleenthede. Voorts behoort die Volkstaat ook geen basiese dienste aan hierdie volksvreemdes te verskaf nie, dit sal hul aanmoedig om eerder te trek. Niemand word verplig om te trek nie, net sagkens aangemoedig.

    Reply
    • Pierre, ek het geen probleem daarmee dat mense ‘n volkstaat in en om Pretoria probeer vestig nie. Dit was al probeer en het misluk maar dit beteken nie dat julle ouens nie dalk ‘n sukses kan behaal nie. Ek is gebore en getoe in Pretoria, maar het meer as ‘n jaar gelede permanent in Orania kom woon. Ek bou eerder ‘n volkstaat saam met mense wat wil as om mense te probeer oortuig om ‘n volkstaat te skep daar waar hulle reeds is.

      Die grootste uitdaging wat ek in Pretoria, en veral in die Ooste van die stad, teegekom het was nie regtig nie volksvreemdes nie – eerder die oorgrote meerderheid Afrikaners wat DA stem en nie bereid is om van hul volksvreemde arbeid ontslae te raak nie. Die probleem met die Pretoria-volkstaat gedagte is dus nie die swartes nie – eerder die meerderheid Afrikaners wat nog vas aan die slaap is en jou uitskel as jy hulle oe probeer oopmaak vir die werklikheid waarin hulle self kies om in te leef.

      Dit is egter ook ‘n gegewe feit dat die ANC-regime nie hul hoofstad sonder ‘n geveg sal opgee nie. So, al vermag ‘n mens dit om die meerderheid Afrikaners in Pretoria se koppe reg te kry staan mens steeds voor die uitdaging om die stad uit die kloue van die ANC-regime te red. Neem in ag dat al die staatsdepartemente en self die staatspresident se woning en kantore in Pretoria is.

      Die Transvalers wat besef het dat Pretoria nie eenskoots teruggevat kan word nie is besig om ‘n Pretoria-volkstaatgroeipunt te bou in Kleinfontein.

      Ek het die waarde van wyle prof. Carel Boshoff, stigtersvader van Orania, se woorde ter harte geneem voor ek die moeilike besluit gemaak het om Pretoria te verlaat vir die volkstaat. Prof. Carel het gese:

      Daar is 3 maniere om die Afrikanervolk van ‘n toekoms in Afrika te verseker. Eerstens moet hy sy eie grondgebied besit. Tweedens moet hy sy eie instellings van nuuts uit die grond uit bou met sy eie arbeid. Derdens moet hy selfbeskikking oor sy eie instellings geniet.

      Orania is die beginpunt waarvandaan die volkstaat gebou word. Dit is nie naastenby die eindproduk nie, maar dit vorm wel ‘n deel daarvan.

      Die hele strategie kom daarop neer dat ons van voor af moet begin in ‘n yl bevolkte gebied waar ons meerderheidsbesetting kan bewerkstellig om sodoende vreedsaam af te stig. Hierdie keer doen ons dit op die regte manier, m.a.w. met ons eie arbeid. Orania is van meet af met eie Afrikaner arbeid gebou en bestuur. Pretoria, aan die ander kant, was nie met Afrikaner arbeid gebou nie en die Afrikaner wat daar woon betaal nou, wetend en onwetend, die prys daarvoor – moet dit nooit vergeet nie.

      Reply
      • Quintin! jy’s heeltemal reg, dit is nie die swartes in Pretoria wat die probleem tov selfbeskikking is nie dit is die afrikaners. Buiten die apatiese Pretoria-afrikaner is die stad besig om oorgeneem te word deur buitelanders. Bv een van die kriminele betrokke by die Henning moord is ‘n Nigerier.

        Ek is absoluut ten gunste van ‘n volkstaat maar daar sal ‘n professionele strategie gevolg moet word om die afrikaner in groot getalle daar te kry. Die belangrikste natuurlik by enige beplanning rondom ‘n gebied is werkgeleenthede. Ek dink mens moet ook by die gewone afrikaner op straat gaan uitvind hoe moet die dorp lyk waarin hy graag wil woon.

        Baie mense het altyd die idee van hierdie outydse geboue, klein straatjies met kafeetjies en kuierplekke amper soos in griekeland waar mense lekker kuier en gesels, is dit nie ook al oorweeg nie.

  7. Mike, ek hou van jou Griekse voorbeeld. Al hoe meer mense raak betrokke by Orania. Hierdie volkstaatgroeipunt is besig om uit sy nate uit te bars. Werksgeleenthede en eiendomsontwikkeling het die afgelope 5 jaar waarskynlik al meer as verdubbel. Ek het al my besighede van Pretoria af na Orania toe geskuif en ek weet van baie ander mense wat dieselfde doen en gedoen het. Dan is daar al die nuwe besighede wat elke jaar gestig word… alles deur Afrikaners. Dis regtig iets om te beleef!

    Kom sien vir jouself bietjie wat alles in Orania aangaan. Jy kan by een van ons pragtige gastehuise of in die asemrowende hotel (op die oewer van die Oranjerivier) oornag. Sien gerus http://www.oraniahotel.co.za

    Laat weet ons wanneer jy kom dan kan ons lekker gesels om ‘n braaivleisvuur!!

    Reply
    • Quintin dankie vir die uitnodiging. Ek het lankal iemand gesoek waarmee ek lekker kan volkstaat idees gesels en jy het jou nou daarvoor ingelaat. Ek is regtig verheug as daar dinge gebeur op Orania dit gee my hoop vir die toekoms.
      Ek was al op Orania en het ook hulle eerste Ora gedenk uitgawe gekoop (hoop dit word so genoem)
      Ek het al die vraag op hulle webwerf gevra maar ek wil vir jou ook vra: dink jy nie Orania moet vir hulle ‘n regte mooi vlag ontwerp nie?

      Die vlag met die seuntjie op pla bietjie en dit laat die indruk dat daar klein gedink word. Jy weet die koeksister monumentjie het ook maar vele negatiewe kommentaar vanuit afrikaner geledere ontlok en die vlag doen dieselfde. Wat is jou mening?

      Reply
      • Mike, ek was ook eers nie baie beindruk deur Orania se vlag nie maar vandag hang een voor my huis hier op Orania :)

        My siening van die vlag het verander toe ek begin verstaan het wat dit werklik verteenwoordig. Die mannetjie is bekend as die Klein Reus. Hy verteenwoordig die vryheidsgesinde Afrikaner, nog klein en min maar ons groei en het die potensiaal om ‘n reus van ‘n volk te word.

        Hy rol sy mou op. Hierdie aksie verteenwoordig selfwerksaamheid. Ons gebruik slegs ons eie arbeid om die volsktaat te bou. Vir die eerste keer in ons volksbestaan doen Afrikaners al die werk self. Ons het die boeie van koloniale denke en praktyk gebreek – dit maak ons waarlik die enigste regte inheemse wit volk van Afrika. ‘n Vry volk is ‘n volk wat nie op ander volke se arbeid staat maak nie.

        Die gebruik van Oranje, wit en blou is ook eie aan die Afrikaner – dis as ‘t ware ons volkskleure.

        Onthou dat Orania se vlag nie die volkstaatvlag nie – dis net ons dorp, ‘n volkstaatgroeipunt, se vlag. Die Vryheidsvlag bly ons hoof vlag tot daar ‘n algemene ooreenkoms is om ‘n nuwe volkstaatvlag te ontwerp.

        Die Koeksistermonument is opgerig om die Afrikanervrou te dank dat sy deur die eeue vir haar gesin sorg. Die koeksister simboliseer iets wat eie aan die Afrikaner is en dit is te danke aan ons ma’s, ouma’s, hul ma’s en ouma’s ens. ens. dat ons geslag na geslag versorg is, waardes het en natuurlik koeksisters kan geniet!

        Groete


      • Arnold de Beer

        April 26, 2012

        Mike;
        Die vlag het my ook gepla, maar na Quintin het my laat bedaar.
        ‘n Ander opvallende gebrek wat my pla is die ingang na die dorp.
        Die spreekwoord sê; eerste indruk is ‘n blywende indruk.

        Na my mening moet die ingang indrukwekkend wees. ‘n Groot staalraam boog met Orania daarop ens.
        Daar is mense onder ons wat briljante ontwerpers is, miskien kan daar ‘n ontwerp kompetisie gehou word, en ook ‘n vonds insameling om dit te finansier.
        Dit sal mense meer betrokke kry met die Orania projek.
        Kan selfs vir ander projekte ook werk.
        Ons Buite Woners kan dalk hier hulle ding doen, en dan ook voel hulle het iets tot stand gebring.
        Ek sal self help bou of oprig. Het reeds die nodige gereedskap.

        Hoor graag van die Oraniërs.

  8. Quintin dis goed as dit Orania se dorpsvlag is en nie die afrikaner republiek se vlag nie. Dit is juis my probleem, daar moet op ‘n vlag wat deur die hele afrikaner volk goedgekeur is besluit word. Ook moet die vlag internasionaal indrukwekkend vertoon, dit sal ‘n gevoel by die buiteland skep dat die afrikaner ernstig is oor sy selfbeskikking. Dit sal ook beteken dat daar vordering gemaak word met, nie net Orania nie maar selfbeskikking opsigself.

    Ek is oortuig daarvan die gekose vlag sal deur inwoners en uitwoners van Orania met trots orals vertoon wil word. Ek beplan om volgende jaar te gaan kuier op Orania, ek sal jou laat weet wanneer.

    Reply
  9. Nou kom daar meer rigting hierdie is ook my voorstelling om hierdie rede :
    1 min ander volke bly hier
    2, God het gese^ ek maak ‘n woestyn ‘n fontein land en God het ons die vermoe gegee om dit te kan doen

    Reply
  10. Man, ek wil geensins n verskil op bring nie, daar is net een voudig nie tyd vir ons om nou te kan verskil nie. Ek dink ons kan ons VADER dankie se as ons so gebied kan kry. Of liewer waneer ons dit kry. Ek wil net se, ek steek my hand op, as julle my iewers kan gebruik, kontak my ek doen dit met liefde. Tweedens wil ek ook dankie se vir almal wat baie hard gewerk het, en nog steed so doen om als in plek te kry. Ook dankie aan die volkskommando vir julle bydrae. E heel laasten, aan my GOD “JHWH”, Vader lei ons, en beskerm ons, maak van ons klyn Dawids, so dat ons die Goliats wat in ons pad staan om U te eer en aanbit plat te slaan. Amen.

    Reply

  11. Peter G Murray

    Maart 10, 2012

    Ek het ‘n versoek. In die jare 50 en 60, toe ek op skool was, was lyfstraf nog deur kinders se ouers en onderwysers toegepas. As ons nie ons tafels geken het nie; as ons swak gespel het; as ons anglisismes gebruik het; as ons nie daardie betrokke dag se geskiedenisles geken het nie; as ons gevloek het; as ons God se naam ydelik gebruik het; as ons oneerlik was; as ons gelieg het; as ons gerook het; en vele meer.
    Ek sê nie die lyfstraf was in alle gevalle, en by alle kinders, die regte ding om te doen nie, maar in die meeste gevalle het dit die gewenste uitwerking gehad.
    As ek so kyk na die mense se kommentare op blogs – hetsy van koerante of van private instansies – dan kry ek die indruk dat die meeste kommentators jonk is; dat hulle nooit vir spelling en swak Afrikaans gestraf is nie; dat hulle nooit op skool geleer is om opstelle in Afrikaans te skryf nie; dat hulle nooit geskiedenis en aardrykskunde op skool geleer het nie; en dat hulle baie in Engels kommunikeer, en die meeste van hul inligting by die ANC kry.
    Nou sal baie lesers seker dink “Sjoe, maar hierdie man is darem beledigend,hê!!!” Wel, ek is nie beledigend nie, maar dis vir my moeilik om die pil te sluk. In my jong dae is ook swaar gestraf vir klein oortredings, terwyl vandag se mense met moord wegkom.
    Nou wat het my “geklaery” dan met die onderwerp (ons toekomstige volkstaat) te doen, sou baie lesers vra. Dit het (wat my betref) baie met ons toekoms te doen. Daar is baie Nederlanders en Duitsers wat ons skrywes lees. Elke keer wanneer ek sien dat ‘n leser wat kommentaar lewer ‘n onnodige taalfout maak, skaam ek my dood. Hoe moet ‘n Nederlander byvoorbeeld weet wat die skrywer bedoel as hy/sy sê:”Waar is ons Afrikaner lyers dan dat hulle nie ons volks genote uit hier die gemors kan ly nie?” In hierdie sin is daar 6 foute. As ‘n Nederlander dit lees, sal hy waarskynlik gladnie verstaan wat die skrywer bedoel nie.
    Daar is ook hopeloos té veel jong Afrikaners wat, as hulle op ‘n landkaart kyk, nie weet waar Orania lê nie. Hulle weet ook nie waar die Noord-Kaap is; wie prof Carel Boshoff was; wie dr Verwoerd was; in watter jaar Suid-Afrika ‘n republiek geword het; in watter stad ons parlement gesetel is; in watter stad die Uniegebou staan; wie Jan van Riebeeck was; wie of wat die VOC was; en wat die VOC se doelstellings was toe hulle Jan van Riebeeck hierheen gestuur het nie. En, as die ANC in die openbaar verklaar dat hulle die hele Suid-Afrika bewoon het, nog voordat Jan van Riebeeck in 1652 in Tafelbaai voet aan wal gesit het, en dat die witmense die land van die swartes gesteel het, dan weet vandag se jongmense nie hoe om daarop te reageer nie. Met ander woorde, die ANC kan hulle belieg en bedrieg en hulle sal nie weet dat hulle deur die swartes verkul is nie.
    Die ouer geslagte Afrikaners (ouer broers en susters, ouers, grootouers en ander familie en vriende, mede volksgenote, ens.) behoort toe te sien dat die jonger geslag se kennis van hierdie basiese feite op datum is. Ons kan nie ‘n volkstaat met rou stene bou nie. Ons moet sorg dat ons mense ware ambassadeurs van ons nuwe vaderland (die Afrikanervolkstaat) is.

    Reply

    • Arnold de Beer

      April 26, 2012

      Peter;
      Swak taal gebruik pla my ook.
      Ek het nooit nodig gehad om veel skryfwerk te doen in my loopbaan nie, en is ook al donkiejare gelede uit die skool.
      ‘n Mens roes maar met tyd, en maak maak maar so af en toe foute.
      Ek lees geweldig baie, maar meer Engels omdat dit nou maar eenmaal die wêreld taal is.
      Ek vra maar by voorbaat vergifnis vir foute, maar probeer my beste lewer.
      Groete.

      Reply

  12. Peter G Murray

    Maart 10, 2012

    ‘n Toekomstige vlag, en ander nasionale simbole vir die volkstaat, sal afhang van wat die volk se wil is. Dit sal eers met die volk bespreek moet word. Ons kan ook nie enige voorstel aanvaar nie, want daar is internasionale reëls wat eers bestudeer moet word. Ons sal ook ons geskiedenis en voorgeskiedenis moet bestudeer. Tradisioneel heg Afrikaners groot waarde aan die kleur Oranje, maar Oranje behoort aan die koningshuis in Nederland. Beskou Afrikaners hulle as onderdane van die Nederlandse monargie, of is ons “republikeine”? Die meeste Westerse lande gebruik rooi wit en blou in hul vlae. Ons moet uitvind wat die simboliek van hierdie drie kleure is, en dit dan met die Afrikaner en sy geskiedenis vergelyk.
    Brittanje, Nederland en Frankryk het al drie hierdie kleure in hul vlae, terwyl België en Duitsland se kleure rooi, geel en swart is. Griekeland, Israel en Finland het wit en blou in hul vlae, terwyl Switserland, Oostenryk en Pole se kleure wit en rooi is. Ierland, Portugal en Italië het ondermeer groen in hul vlae. Elke kleur het ‘n betekenis (of behoort dit te hê).

    Reply

    • Arnold de Beer

      April 26, 2012

      Lyk my hier is ‘n paar erge Volkstaters, wat soos ek self, nog nie op Orania woon nie.
      Wat die ander manne se storie is weet ek nie.
      Ek het nie nodig om ‘n werk daar te kry nie aangesien ek reeds afgetree het. Sal eers alles hier moet verkoop en dan ‘n nuwe nes op Orania moet gaan skrop.
      Sou ek wel al my eiendom verkoop kry, sit ek nog steeds met ‘n woonplek probleem.
      ‘n Erf moet eers gekoop word, en dan begin bou aan die nuwe huis. Dit neem , of sal baie tyd neem, aangesien daar nie van “vreemde” arbeid gebruik gemaak mag word nie. Stem saam daarmee, en sal dit ook nie anders wil hê nie.
      Is dit waar die hoender- eier storie sy oorsprong het?
      As daar ander manne is wat ‘n soortgelyke probleem het, kan daar nie op ‘n manier ‘n tydelikke konstruksie onderneming tussen mekaar gevorm word nie?
      Net totdat almal darem redelik goed gevestig is.
      Net ‘n gedagte op hierdie stadium. Ek is self ‘n boukontrakteur en het nog steeds al my gereedskap.
      Doen ook nog steeds ‘n bietjie werk om besig te bly.
      As ek ‘n woonerf op Orania kan bekom sal ek so gou as nou begin bou.
      Die pryse van erwe op hierdie stadium is buite my vermoë, as ek nie eers van my huidige vaste eiendom ontslaë kan raak nie.
      Vir die res is daar nie ‘n probleem nie.
      Ek glo dat dit ook ‘n probleem vir baie ander mense is.

      Reply
  13. Arnold,
    Ek stem 100% saam. Ek kan nie onthou wanneer, en op watter forum ek dit genoem het nie, maar ek self, en seker duisende ander, ervaar daardie probleem van die”hoender en die eier”. As ‘n mens ‘n groot som geld in jou spaarrekening het, of iewers belê het, is daar nie ‘n probleem nie, maar wat doen jy as jy eers jou huidige huis moet verkoop?! Die huis (of erf) wat mens elders wil gaan koop, moet ten minste met ‘n deposito betaal word. Soms is daardie deposito 25%, of 30%, of 50%, of 75%. Maak eintlik nie saak hoeveel dit is nie, feit bly staan dat jy nie kan koop voordat jy nie verkoop het nie, en as jy wel verkoop het, waarheen stuur jy jou meubels, en waar gaan woon jy tydelik? As daar kopers (of belangstelling) vir jou huis is, en jy is gelukkig om jou “droom-huis” dadelik anderkant te kry, dan is die Kaap Hollands. Maar, in die meeste gevalle wag jy so lank vir jou huis om verkoop te word, dat jy intussen jou droom-huis verloor. Soos ek hier bo vertel het, ek het dit al voorheen genoem dat Orania ‘n klomp woonstelle moet bou wat as TYDELIKE wonings gebruik kan word. Kom ons sê dat daardie “tydelike” verblyf nie langer as 2 jaar moet/behoort te wees nie, dan kan diegene wat sukkel om hul huise te verkoop, of wat ‘n nuwe huis op Orania wil bou, genoeg tyd hê. Die probleme wat mens het met daardie “tydelike” verblyf, kan voornemende intrekkers LOK of AFSKRIK. Nog ‘n probleem, wat nou nie Orania se skuld is nie, is die lae pryse wat in sekere dele van ons land vir huise betaal word. My huidige huis se munisipale waardasie is R300 000. Vir Kapenaars klink dit of ek in ‘n plakkershut woon as ek dit vir hulle vertel, maar my huis is baie “gemiddeld”. As ek my erf met huis en al sou kon optel en in enige klein dorpie in die Wes-Kaap neersit, sal hy vir maklik R2,5-miljoen verkoop. En as ek dit langs die kus (soos byvoorbeeld Paternoster) sou neersit, sal hy vir R3-miljoen verkoop. Dit is dus vir my onmoontlik om hier pad te gee as ek nie ‘n ordentlike prys vir my huis kan kry nie. En ek dink daar is baie ander Afrikaners wat in presies dieselfde bootjie as ek is.

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 171 other followers