Kontak Vry Afrikaner


Facebook

Vry Afrikaner Facebook ondersteunersblad

E-pos: vryafrikaner@lief-orania.co.za

6 Responses “Kontak Vry Afrikaner” →

  1. Arnold de Beer

    April 9, 2012

    Orania het nou anderdag in ‘n skrywe gesê dat hulle met ‘n hospitaal sal kan doen.
    Ons weet dat dit ‘n groot klomp geld sal kos om dit te doen.
    As ons bv. ‘n Orania hospitaal en mediese sorg polis bemark en dan daardie geld aanwend om ‘n hospitaal te bou, dink net hoeveel werksgeleenthede word nie onmiddelik geskep nie.
    Mense gee graag geld as hulle weet waarvoor dit gebruik gaan word, en of hulle ook daarby sal kan baat.

    Daarmee saam kan hierdie fonds so bestuur word dat dit vir die beleggers ook ‘n mediese polis is.
    Nie ‘n mediese skema nie.Dit is effe anders, maar kan ook deel daarvan wees.
    Die idee is om infrastruktuur te skep wat vir die belegger lang termyn voordele inhou.
    Spesiale tariewe vir mediese behandeling bv ens.
    Mediese behandeling in die NSA hospitale grens nou aan slagpaal standaarde.

    ‘n Universiteit is volgende op die lys.
    En werk op die selfde beginsel.
    Ons sien mos wat om ons gebeur. En ons weet dat die koeël deur die kerk is. Om verewig in duur hofsake betrokke te wees om Afrikaans daar te red, is ‘n mors van tyd en geld wat beter aangewend kan word, en ‘n blywende oplossing vir al ons Afrikaners verseker.

    Net met hierdie twee instellings sal Orania se inwoners die hoogte inskiet.
    Hierdie nuwe mense veroorsaak dat daar nog bykomende dienste gelewer moet word, wat nog mense lok.
    Dit sal ‘n sneeubal efek veroorsaak wat nie gestop kan word nie.

    Ek het hierdie skrywe van my ook op Praag geplaas onder Arnieann.

    Reply

    • Michael

      April 21, 2012

      Arnold jy noem iets wat ek ook dink relevant is in ons soeke na ekonomiese uitbreiding op Orania. Ek vra ook baie keer die vraag hoekom in duur hofsake betrokke raak as ons met daardie geld eerder kan opbou en uitbrei op Orania.
      Hierdie hofsake word in baie gevalle net gewen vir ‘n kort tydjie totdat die ANC met sy miljoene aan belastinggeld teen die uitspraak appeleer of totdat hulle met ‘n nuwe aanslag teen iets anders kan begin. Orania in sy geheel moet homself as ‘n beleggings opsie aanbied.

      Reply

  2. Michael

    April 9, 2012

    Dit is ‘n baie goeie plan wat ek eenhonderd persent steun en wat ek dink beslis aan gewerk moet word deur die Oranie owerheid. Is daar al ‘n fonds waar daar geld bymekaar gemaak kan word vir veral ‘n hospitaal?

    Reply
  3. Is daar tans vliegveld geriewe, maw, ‘n landingstrook van ongeveer ‘n kilometer lank, brandstof geriewe en ‘n ‘n tipe van lughawe gebou.? Kan ‘n vliegtuid soos ‘n Cessna Citation, Bombardier ens die kleiner passasiers vliegtuig., daar land en weer hervul word?. Daar bestaan so iets soos landingsfooie, ens. Dit is alreeds ‘n inkomste. Waarom kan ons nie Orania as ‘n toerisme “aantrekliheid” bemark nie, mits daar genoeg is vir ‘n toeris om te sien en te doen.
    Daar is hope potensiaal om Orania binne ‘n baie kort tydperk tot ‘n baie groot dorp of stad uit tebou. Al wat kortkom is insiatief en kreatiwiteit. Beleggers kyk ook na beide Dit was in elk geval beide wat Suid Afrika gebring het tot 1994. Suid Afrika was ‘n faktor waarmee rekening gehou moes word en het die infra struktuur gehad om met die beste in die wereld te kon meeding. Ek is bewus daarvan dat indien sekere lande, soos bv. Nederland genader sal word met ‘n potensiele beleggings voorstel, dat dit nie summier afgeskiet sal word nie. Ons, Afrikaners is nog nie met die rug teen die muur nie en met God ons Vader aan ons kant SAL Hy weer ons begenadig en sal Hy weer aan ons die nodige verskaf, mits ons Hom Alleen eer en aanbid. Ons moet waak om nie weer aan die wëreld gelykvormig te word nie.Eer Hom deur Sy Seun Jesus Christus, doen en bou ALLES tot eer van Sy Naam en Hy sal ons Afrikaner volk genadig wees. Hoeveel keer het Israel gesondig in die woestyn en kyk waar staan daardie nasie vandag.
    Kom mede burger, kom ons maak die verskil, wetende dat Die Een, die Here Jesus Christus, wat vir ons die krag gee ons NOOIT sal begewe of verlaat nie.
    Kom ons staan op, met die Woord van God in die een hand en die graaf in die ander en ons rig die plek op wat God vir ons gegee het.

    Reply
    • Hier is ‘n vliegveld op Orania – ek was ‘n passasier in ‘n Cessna 6 sitplek vliegtuig wat hier geland het. Daar is ‘n vliegklub op Orania en hulle het ‘n groot plan om ‘n lughawetjie hier te bou.

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 171 other followers