“Die Afrikanerhart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers
Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner: die wete dat ons voorvaders soortgelyke uitdagings die hoof gebied het en daarin geslaag het om ons pragtige kultuur, taal en tradisies behoue te laat bly.
Daar is egter ook sg. Afrikaanses vandag, mense soos Jan-Jan Joubert, Marthinus van Schalkwyk, Leon Wessels, Max du Preez en Carl Niehaus wat nie wil aanspraak maak op ‘n Afrikanerhart nie. Hul aksies bepaal natuurlik hoe hulle deur die nageslag onthou sal word. Trouens, indien hulle enigsins onthou gaan word, dan sal dit wees in skerp kontras met hoe ons vandag Celliers, Steyn, Langenhoven, Opperman, Hertzog, Malan en van Wyk Louw beskou. Die lyn is getrek en daar is ‘n groeiende Afrikaner kultuurpolitieke weerstand teen die verraad en galbrakery van die Jan-Jan Jouberts daarbuite.
Die Afrikanerhater en die gif wat hy versprei is nietemin ‘n kenmerkende eienskap van die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat my gedagtes dwaal oor wat presies die Nuwe Suid-Afrika dan in werklikheid is. Dis natuurlik voor die hand liggend dat die land waarin ons vandag woon hoegenaamd nie dieselfde land is waarvoor ons voorvaders geveg het nie.
Vandag word die fantasie van ‘n multikulturele nie-rassige samelewing, waar almal reënboogkinders is, met mening in die jong Afrikaner se keel afgewurg terwyl, in die praktyk, ‘n rassistiese ideologie van swart bemagtiging eintlik met die term “nie-rassigheid” bedoel word. Dis mos maklik vir die jong Afrikaner om aan te pas want hulle is jong boompies wat gebuig kan word, gebuig móét word.
Die liberale multikulturele boodskap van TV-programme, nuus, Naspers koerante asook die hernoeming van strate, stadia, lughawens en dorpe moet ons mos aanvaar! Ons word vertel dat alles wat met die Afrikaner voor 1994 gebeur het liewers nie onthou moet word nie en by implikasie uit die geskiedenis moet verdwyn sodat ons waarlik deel van ‘n multikulturele “nie-rassige” reënboognasie kan wees.
‘n Swartreënboognasie, ja. As jy nie weet wie jou voorvaders was nie en wat jou geskiedenis regtig behels nie dan het jy mos niks om voor op te staan of om te probeer beskerm nie.
Verder, wat van die ouer bome – diegene wat geleef het in die dae toe die Afrikaner nog ‘n Republiek gehad en bestuur het? Al gewonder hoe hierdie mense moet voel nou dat hulle hulself in ‘n swartreënboognasie bevind waar alles waarvoor hulle gewerk en gestry het besig is om tot niet te gaan?
Die Suid-Afrika van gister en die Suid-Afrika van vandag is uiteraard meer as net twee verskillende lande, dit is twee uiteenlopende identiteite. Die resultaat is derduisende gebroke harte.
Nou sit ons almal, jonk en oud, in ‘n land wat deur ons voorvaders gebou was, waarvoor hulle gebloei het en op die ou einde eenvoudig deur die massas onherroeplik oorrompel is. Die Afrikanerhater het sy oorwinning behaal. Waarin moet opregte Afrikaners dan glo vandag? Waarvoor moet ons dan opstaan? Nie vir Suid-Afrika, d.i. die oue of die nuwe nie, nee – ons moet opstaan vir ons Afrikanerskap, vir ons volk se bestaansreg en ons onbetwiste reg om vry te wees om ons taal, kultuur en tradisies uit te leef in ‘n eie Afrikaner Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings opgerig word, deur die Afrikaner vir die Afrikaner. Dit is iets om in te glo!
Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie! As Afrikanervryheid, ons taal en kultuur vir iemand te veel, of te ekstreem is om voor op te staan, dan is ek bevrees dat so ‘n persoon nie verdien om vry te wees nie.
Die Afrikaner wat weier om verder hierdie gif te sluk moet nou sy huis in orde kry en sy taal suiwer begin praat, sy geloof koester, sy kultuur en identiteit meedoënloos beskerm deur dit op alle terreine uit te lewe. Neem die houding van ons voorvaders in: ons is nie vir onderhorigheid gebore nie!
Gedurende tye soos hierdie kan Afrikaners hoop en moed skep uit ons eie volkslied, veral die inspirerende stellings in die 4de verse:
“Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou. Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly: knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry. Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer – met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.”
Die Stem roep!
Brilliant, ons dag sal kom…
BRAVO….Rozanne, jy is inderdaad n ongelooflike mens.
As ons “ou bome” nog wonder of ons moet bekommer oor ons “jong bome”, laat ons dit nie vir die wind fluister nie maar van die berge af basuin: DOET SO VOORT!
Die Here het die grond voorberei, ons het die saad gelaat, Hy sal die groei laat geskied.
Puik Rosie, uitstekend, dankie! Jy gee ons oues hernude moed om die stryd voort te sit, want, STRYD IS LEWE!
“Puik Rosie, uitstekend, dankie! Jy gee ons oues hernude moed om die stryd voort te sit, want, STRYD IS LEWE!” Kan dit nie beter stel Dankie hou aan met die goie werk wat jy hier doen.
ONS SAL LEWE ONS SAL STERWE ONS VIR JOU SUID AFRRIKA ………… Amen
Dit is regtig baie sterk woorde-ja n man voel beter,sterker in jou gedgtis-maar gaan woorde ons nasie red?en hukom word mnr E.T se naam nie genoem want sonder sy afsterwe(Moord)Sou niks van die aard ontstaan nie,mens het amper wakker geskrik…
Gert, ek hoor jou… die boodskap wat ek gekry het in die artikel as dat Afrikaners hul vryheid en onafhanklikheid gaan moet herstel in ‘n eie Afrikaner Republiek om sodoende hul vlerke te kan strek en weer ‘n volk te wees wat hoog vlieg.
Ek dink nogal dat dit ‘n goeie idee is want ons kan slegs ons eie belange bevorder en ons taal en kultuur bemagtig mits ons self daaroor beskik… soos bv. die Portugese in Portugal hul eie skole, universiteite, hospitale ens. het waar alles in Portugees is en die mense die vryheid het om hul kultuur en tradisies uit te leef sonder onderdrukking of om ander te onderdruk. Dit maak vir my baie sin dat dit in Afrikaners se beste belange is om ook dieselfde regte te geniet.
Natuurlik het ek gedink dat dit ‘n droom is en alhoewel ek daarvan hou het ek nie gedink dat dit moontlik kan wees nie… tot die dag toe ek Orania gesien het. Hierdie Afrikaner Republiek word tans vanuit Orania opgebou en hulle beywer hulself om dit te laat strek tot teen die Weskus. Toe ek sien hoe Afrikaners aangaan in Orania toe besef ek dat dit regtig moontlik is en dit het my soveel hoop gegee vir ons toekoms.
Na die moord op oom Eugene het ongelooflik baie Afrikaners met ‘n skok wakker geskrik. Die hoeveelheid mense wat in tussen Orania toe getrek het is ‘n bewys daarvan. Egter is Orania te klein om al die Afrikaners te huisves dus moet ons almal ons gewig ingooi om Orania optimaal te laat ontwikkel sodat ons nog groeipunte kan stig tussen Orania en die Weskus. Dit help nie om agteroor te sit en van ander mense te verwag om ‘n Afrikaner Republiek te bou nie en dan eendag wanneer dit te laat is te besef dat mens nerens heen het om te gaan nie want toe mens die kans gehad het om betrokke te wees het ons ons arms gevou.
Dis die ou storie van die mier en die springkaan. Elkeen moet vir hom- of haarself besluit of hy ‘n mier of ‘n sprinkaan is 🙂
Beste Quintin,
ik vind het jammer, dat je met enig respect over Oom Eugene praat in je reactie hierboven. Je bedoelt Eugene Terrablanche, die met een soort van hakenkruisen politiek campagne voerde. Hakenkruisen en nationalistische, grootbek retoriek. Ik vind het compleet hopeloos. Als Orania-werkers enige verbintenis voelen met zulke politiek en zulke politieke leiders, is er geen toekomst voor Orania, naar mijn mening. Het is ook een teruggrijpen naar het oude, apartheids Zuid-Afrika. Een hopeloze onderneming. Ik vond juist de bijdrages van Carel Boshoff en gelijken, zinvol en veel belovend, maar als Eugene Terrablanche als voorbeeld er bij wordt gehaald, ben ik weer vertrokken. Jammer, hoor.
Jy is natuurlik geregtig op jou opinie.
Ek was nog nooit ‘n lid van die AWB nie en het nie vir Eugene Terreblanche as “my leier” beskou nie omrede ek nie saamgestem het my sy politiek nie. Nietemin, hy was ‘n kampvegter vir Afrikaner vryheid, ‘n uitstekende Afrikaanse digter en ‘n goeie man wat deur die sweet van sy aangesig vir sy gesin gesorg het.
Hy was ‘n sterk leier en was ook besonders lief vir ons volk. Daarvoor het ek nog altyd respek gehad. Nadat hy in sy slaap vermoor was het baie Afrikaners wakker geskrik. Honderde duisende mense het gerou. Baie Oraniers en Afrikanerleiers van byna alle volksorganisasies was by sy begrafnis. Dit was ‘n hartseer dag, ek was ook daar.
Elke dag wat ‘n vermoorde Afrikaner begrawe word is ‘n hartseer dag. Ek voel ‘n verbintenis met enige Afrikaner wat lief is vir ons volk, ons taal, ons kultuur en ons vryheid. Eugene Terreblanche was so ‘n Afrikaner. Mens kan steeds respek toon vir die man – al ondersteun jy nie die figuur nie.
Beste Quintin,
hoe kun je nu je respect uitspreken voor iemand die zijn politieke standpunten met een hakenkruis in de hand verdedigde? Ook al was die man een Afrikaner en ook al zette hij zich voor jullie in. (tot jullie nadeel, overigens) Hij heeft met zijn politieke activiteiten jullie zaak alleen maar schade berokkend. Bovendien, onder de vlag van het hakenkruis zijn de grootste misdaden van de geschiedenis van de mensheid gepleegd. Wil jij je daar op de een of andere manier mee vereenzelvigen? Hoe kun jij dat, als christen (als je inderdaad christen bent) verantwoorden? De weg van de AWB is de weg van het oude apartheids-zuid-afrika en dat is dood. Ga je je zelf daarmee vereenzelvigen, op de een of andere manier, dan zal je zelf ook verliezen. Het is juist zo goed van de Orania-werkers, dat zij willen breken met dàt verleden. En nu spreek jij weer je respect uit voor Men. Terrablanche! Vereenzelviging met de oude apartheidspolitiek zal de zaak van Orania alleen maar schade doen. Je jaagt mensen, die misschien dienstbaar aan jullie zaak zouden willen zijn, weg en je krijgt een slechte pers, precies de dingen die je niet moet hebben. Als jij dank en respect uitspreekt voor de voormalige AWB en Men. Terrablanche, dan zeggen jullie vijanden: Dank je wel, ga zo door! – Bovendien, is de politiek van de AWB, of iets dat daarbij in de buurt komt, voorbij. Het heeft geen toekomst. Als Orania toch enigszins daaraan vast probeert te houden, dan gaat het Orania-project mislukken. Ik val je nu misschien hard en ik druk je in een hoek, maar zet om die reden je hakken niet in het zand. Ik geef je een goede raad: Mensen die met hakenkruisen rondlopen, ook al zijn zij honderd keer Afrikaner, ook al zijn zij de president van Amerika of de koning van Engeland, zulke mensen brengen onheil. Dat is voor niemand goed.
tulpenvaas, ek dink jy sit die pot heeltemal mis.
Jou kommentaar is ‘n aanname dat Quintin nou basies ‘n “haakkruis” ondersteuner van slef nazisme is, dus by implikasie ook ‘n ondersteuner van die oeroue Sumeriese geloof wat mildelik gebruik gemaak het van die “haakkruis”.
In wat ek lees sien ek eerder sy punt in dat hy van die persoon gehou het en nie die persoon se politieke oortuigings nie.
Verbeel ek my of is jy besig om iets te roer waar daar niks te roer is nie.
Dis mos skandelik om “woorde” in ander se mond te plaas en in jou geval sommer oortuigings in andere se vestand te wil plaas.
Vestaan jy werklik die titel van die artikel?
Of het jy dalk ‘n ander agenda….?!?!?!?!?
Hitler is één van de grootste moordenaars uit de geschiedenis. Hij liet op gruwelijke wijze miljoenen mensen (vrouwen, kinderen, baby’s daarbij) vermoorden. Hij deed dit op grond van een rascistisch mensbeeld. Dankzij hem vonden ook 6 miljoen Duitsers de dood. Hitler was ook een ramp voor zijn eigen volk. Hij is de schrik van de geschiedenis. Wat deed nu Eugene Terrablanche? Hij verbond zich positief met Hitler door diens hakenkruis als vlag over te nemen. Hiermee sprak Terrablanche in zekere mate zijn sympathie voor Hitler uit. En nu zegt Quintin over Terrablanche (ik omschrijf Quintin’s woorden): ik hoor niet bij de AWB, maar Terrablanche was een fijne man. – Welnu, dat klopt niet. Dat moet je niet willen. Maar afgezien daarvan zal het alleen maar de zaak van Orania schaden, als Orania-werkers hun sympathie voor Terrablanche gaan uitspreken. Het is niet goed.
Doen so voort.Die slagspreuk,’Ons is nie vir onderdanigheid gebore nie’bly die uitgangspunt.
Baie goed en inspirerend. Ek is besig om ‘n Afrikaanse Kultuur Beweging hier in Durban op die been te bring. Ons sing die eerste gedeelte van die Stem uit volle bors. Daar is egter net een reel waarvan ek die drukfout herstel het.
Dit is die reel waar ons gesing het: Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika.
Ek het dit verander na: Ons sal lewe ons sal STREWE, ons vir jou Suid Afrika!!
Deur net 2 letters om te draai, kry die Stem heeltemal nuwe betekenis.
Ek stel nie belang om te sterf vir my land nie, want dan is ek nutteloos en kan geen verder bydrae lewer nie. Helde vereering is baie goed, maar laat mense ook vasklou aan die verlede, dan sukkel hulle om aan te pas en die toekoms met nuwe krag tegemoet te gaan.
Indien ek wel sou sterf in diens van my Volk en Land, moet ek dan so onthou word.
Dink net hoe anders die toekoms kon lyk as ET nie alleen op sy plaas aan die slaap geraak het nie. Hoekom moes hy ook eers vernederend sterf voor die Volk wakker skrik en begin beweeg?
Vir verdere navrae oor ons beweging hier: pieter.circleoflight@vodamail.co.za
Rozanne, ek haal my hoed hoog af vir iemand soos jy! Ek was onlangs in Orania en,as ek kon,sou ek môre daar gaan bly het; nie omdat ek rasissisties is nie (nie een in Orania is nie! so het dr Verwoerd se dogter al lank terug vir Sandra op ‘n Kyknetprogram gesê) maar omdat daar rus en vrede is en die wil om ons taal en kultuur te laat oorleef in hierdie “nuwe S Afrika” En glo my vir my (een uit die Verwoerd-dae) is hy “nuut”! Orania is nuut, fris, vars en met soveel intellek daar kan en sal dit net goedgaan en vooruit gaan! Meer en meer mense begin besef dis nie ‘n armblanke, siestog-plekkie nie, maar een wat met die beste ter wêreld kan meeding op alle gebiede en dan met ‘n gemiddelde ouderdom van 35 jaar! Dit spreek boekdele!
Diep woorde wat met die emosies skarrel!Ek is ook n jong Afrikaner van PRETORIA!!! – en ek is ook erg oor Afrikaans en my volk se toekoms , maar die Afrikaner se storie is een wat nog nie klaar geskryf is nie!Mag ek maar net n paar persoonlike probleme onthul wat ek sien aangaande Orania.
-Orania stel hom voor as n plek waar Afrikaners hul self weer kan vind , maar terselfdertyd distansieer hulle hul self van die 600 000 arm Afrikaners!!wat party nie eens huise besit nie-Wat maklik Orania van n groepie mense in n nasie kan omskep.
-As n mens Orania van n besigheid aspek nader , Sal Orania nie ekonomies groei of oorleef deur hul ekonomie te isoleer van vrye handel markte nie.Geen gesonde ekonomie in die wêreld doen dit nie.
-Orania se ligging is baie swak!n Warm stowwerige asbes dorpie in die middel van nêrens!n Persoon met moderne vaardighede soos informasie tegnologie het NOG nie n toekoms daar nie!
-Orania het geen hulpbronne nie en is in die armste provinsie geleë.Hul ekonomie bestaan ook bloot uit boerdery uit.
ek glo in die idee van Afrikaner bemagtiging en die kern agter Orania , maar is die ouens op die
regte spoor!
Hiers net n paar idees vir die Oraniers om aan te kou :
-Ons leef in wêreld waar alles gemeet word op die uiterlike , so baie van die persepsies oor Orania kan maklik stil gemaak word deur Orania in n baie mooi en aanlokkende plek te ontskep.
-Die beeld wat n mens kry oor Orania van fotos en die media is dat dit n baie verdrukte plek is waar jy alles self moet doen om iets te verrig ,amper soos een of ander soedoe-sosialistiese staat.Orania moet hom self struktureer om plek te maak vir verskillende werkersklasse.
-Orania moet ook n unieke funksie bied wat mense nie in Suid-Afrika kry nie , behalwe geen-misdaad nie.Iets soos goedkoop elektrisiteit of n Gratis Universiteit.
-Orania moet finansiële beleggers nader en persone in plek kry wat so n tak kan verrig en finansiële belangstelling kan skep in Orania.Die Ooste stort miljarde elke jaar in Afrika en Israel sal enige land ondersteun wat hom van produkte sal verskaf.
Ek weet dis makliker gesê as gedaan ,maar is dit nie wat idee van Orania werklik is nie?
Eendrag maak mag!
Laat ek my dus verstout…. 🙂
Swartskape is ook welkom in Orania en dalk moet hulle kom kyk wat daar aangaan sodat hulle natuurlik hul eie ingeligte opinies met ons kan deel. Aangaande jou punte, Swartskaap:
1. Orania en Afrikanerarmoede. Kyk en sien self of ons onsself distansieer van enige arm Afrikaner:
Deel 1: http://www.youtube.com/watch?v=1lZ9aIIHdRQ
Deel 2: http://www.youtube.com/watch?v=qcskYKYr_j8
Soos hulle se… mens moet dit eers sien om dit te glo, ne?!
2. Orania en Besigheid. Ek het regtig lekker gelag toe ek jou kommentaar oor Orania ekonomie gelees het, glad nie sarkasties bedoel nie. As ‘n sakeman van Pretoria het ek soveel geleenthede in Orania gesien dat ek myself skaars in toom kon hou. Bo en behalwe vir die projekte wat tans in die pyplyn is, het ek reeds ‘n suksesvolle toer operateur agentskap in Orania asook ‘n hoog mode klereboetiek. Danksy die vrymark stelsel wat in Orania beoefen word sit ek nou met 2 addisionele suksesvolle besighede en skep ek werk terwyl ek my eie finansiele welstand bevorder. So… verstaan jy nou hoekom ek lekker gelag het?
3. Orania, ligging en moderne informasie tegnologie. Jy sal dit dalk interessant vind om te weet dat Orania sy eie hoe-spoed internet netwerk het… wat WERK! Wat die ligging betref, ek kan nie sien hoe ‘n dorp wat langs een van suidelike Afrika se grootste riviere gelee is ‘n slegte keuse is nie. Orania het spulpunte en worteldrupbesproeing landerye wat trane in die stoerste boer se oe sal bring. Die grootste pekanneut plantasie in die suidelike halfrond is in Orania gelee… wingerde, lusernlande, wylande ens. Hoe kan dit dan ‘n slegte ligging wees? Miskien moet jy bietjie op Google Earth gaan kyk en vir jouself sien waarvan ek praat. Dit is groener in Orania as in Pretoria… Om hierdie punt af te sluit wil ek ook noem dat Orania en die Afrikaner Republiek wat vanuit Orania gebou word (wat tot teenaan die Weskus gaan strek) nie op die swart stamme se tradisionele grond gelee is nie. Dit verduidelik hoekom daar byna geen swart mense in hierdie gebied bly nie en hoekom hulle nie ‘n probleem het dat ons besig is om ‘n volkstaat daar te bou nie. Voorvaderlike aanspraat op grond is ‘n lelike ding… vra maar die boere in die ou Transvaal en die OVS. Dink jy nogsteeds daar is iets fout met Orania se ligging?
4. Orania en ekonomie. Alhoewel ek al aan hierdie punt geraak het wil ek net graag uitwys dat die landbousektor wel die grootste in Orania is maar moenie onder die wanindruk wees dat dit die enigste sektor is nie, Swartskaap. Konstruksie, dienste, onderwys, medies, toerisme ens. is die sektore wat die vinnigste groei. Aangesien Orania sy eie geldeenheid het (Ora), bly die opbrengs in die gemeenskap en word Suid-Afrika Rande wat inkom bele in hoe rente rekeninge wat sodoende weer kapitaal beskikbaar stel vir belegging in Orania. Dink jy ons is net ‘n klomp Two-tone en kakibroek boere wat tiermelk drink en sokkie die hele dag lank?? hahahaha
5. Orania en beeld na buite. Ja, jy is baie reg. My vriend Jaco Kleynhans, Direkteur van Bemarking by Solidariteit, het onlangs die pos aanvaar as Orania Beweging se nuwe Hoof Uitvoerende Bestuurder. Hy trek volgende maand Orania toe en dan gaan hy voortbou op die puik werk wat die Orania Beweging al gedoen het om persepsies te verander. Ons is baie dankbaar vir mense soos Jan-Jan Joubert, Dan Roodt, Pieter du Toit, Anton Barnard en Marida Fitzpatrick wat so hard probeer om Orania vuil te smeer met hul leuens en drogbeelde want sien, dit spoor ons net aan om harder te werk en groter hoogtes te bereik… ‘n bietjie kompetisie is mos ‘n gesonde ding!!
6. Orania en werkersklasse. Kyk gou eers na my een matskappy se webwerf en kliek op ‘n paar foto’s dan se jy my in jou eie woorde hoe soedoe-sosialisties en verdruk Orania lyk:
http://www.oraniatoere.co.za
Wat betref die werkersklasse, ek verstaan nie jou vraag nie want enige persoon wat al in Orania was sou nie so ‘n vraag gevra het nie want ons werk juis nie op ‘n klassistiese stelsel nie. Gaan lees bietjie op oor die stelsel in Denemarke dan sal jy verstaan hoekom die professor en die straatveer, die dokter en die skoonmaker in Orania almal goeie vriende is en mekaar met ‘n wedersydse respek behandel waarvan jy maar net kan droom in Pretoria. Dis ‘n hoog kolonialistiese denkwyse om mense in bepaalde klasse op te deel… jy weet dit seker, ne? In Orania verrig Afrikaners al die arbeid. Eie grondgebied + eie regering + eie arbeid = volkstaat.
7. Orania en unieke dienste/produkte. Ek hou van jou idees. Dit is juis een van my planne om iets in hierdie lyn aan te pak… maar kan nie nou al die aap uit die mou uit laat nie 🙂
8. Orania en belegging. Die Orania Ontwikkelingsforum het juis ten doel om hierdie rol te speel. Ons kry groot Afrikaner sakemanne om betrokke te raak en die resultate tot dusver was die nuwe hotel (4 ster), die spa, die nuwe restaurant, die nuwe vliegveld, die 750-eenhede aftree oord wat onlangs goedgekeur was deur die dorpsraad, die uitbreiding van die industriele gebied ens. As jy ‘n sakeman is en belangstel om meer te weet van die geleenthede in Orania se ontwikkelende ekonomie dan moet ons praat.
Maak ‘n punt daarvan om te kom kyk hoe dit lyk aan die ander kant van kla!
Rozanne, ek is bly iemand het jou geleer lees en skryf.
Met jou inspirerende woorde het jy die streep getrek tussen die kaf en die koring van die volk, die Afrikanervolk. As die kaf verdwyn, dan sal ons niks mis nie…..ook nie Jan-Jan nie.
En verder jou boodskap klokhelder:
Hy wat veg vir sy volk, veg vir sy taal en hy wat veg vir sy taal, veg ook vir sy volk.
Dié land, is óns land. Dis waarvoor ons ouers geveg en gewerk en gebid het, liewe Quintin en waarna Rozanne hierbo verwys – van Tafelberg (deur Orania) tot Waterberg.
Ons benodig ‘n dubbelloop strategie: (1) Vir die Afrikaners wie se wortels vas is in die NSA omdat hulle werk en eiendom hier is en (2) die wat soos jy iewers in die RSA ‘n nuwe begin wil maak. En ons moet groot genoeg wees om dit te besef en vir mekaar ruimte te gee en te sê: Dié land, is óns land… Ons staan vas – kom wat wil.
Dankie Rozanne. Ons is lief vir jou. Ons staan saam met jou…
Oom Andre, ek stem saam met oom. Ek verstaan dat dit nie so maklik is vir mense wat reeds hul wortels in die NSA het om net op te pak en te hervestig nie. Alhoewel dit in die verlede al gedoen was (Indie/Pakistan of Tsjeggiese Republiek en Slovakia ens.) is dit vir elkeen om self te besluit of hy sy wortels kan skuif of nie. Ek besef ook dat dit vir my, ‘n jong knaap, ‘n hele ander situasie is as vir oom omrede daar heelwat faktore is wat ‘n groot rol speel in ons denkwyses. As ek in die ou SA ‘n man geword het, diensplig gedoen het, gebloei het vir die Unie-vlag, jare gewerk het om my stukkie in die son te verdien ens. dan sou ek verseker nie so maklik Orania (en by implikasie die konsep van ‘n Afrikaner Republiek wat strek vanaf Orania tot die Weskus) as die oplossing kon aanvaar nie. Egter moet ek vir myself die eenvoudige vraag vra: is die kool die sous werd? Anders gestel… aangesien ek 3 jaar terug nog nie my wortels geplant het nie, waar sou dit dan in my beste belange gewees het om wel ‘n toekoms te bou: Pretoria of Orania? Ek het Orania gekies en miskien sou oom dieselfde gedoen het as oom in my skoene was.
dis so waar Rozanne!!! maak mens eindelik hartseer om te lees maar is die waarheid
Boere land, Geloofs land, God se land en MY land.
Die Politieke groepering bekend as THE TRUTH AND RECONCILIATION PARTY OF SOUTH AFRICA stel voor en bevorder die ontwikkeling van Orania ten doel van Afrikaner en Wit Nasionalisme en Witself beskiking as n eind doel .
The view of group associated with and as the THE TRUTH AND RECONCILIATION PARTY OF SOUTH AFRICA supports the principle of development of Orania and Afrikaners self determination ,White Nationalism and White self determination thus we thus also supports ending white poverty (including poverty of material and spiritual nature )and also supports harmonious development of all communities of southern Africa with all its neighbours in a method so as to promote peace and reconciliation .
More data at: http://truthandreconciliationpartyofrsa.blogspot.com/
In Orania staan ons nie vir Witnasionalisme of Witselfbeskikking nie, John.
Ons staan wel vir Afrikaner republikeinse vryheid en Afrikaner selfbeskikking. Ons hunker nie na ‘n ras gedrewe samelewing nie, maar wel ‘n Afrikaner samelewing. Niemand se dat Ierland ‘n wit staat is nie, of het ek iewers die pad duister geraak? Ons praat wel van Ierland as die Iere se tuiste – soos ons van Orania praat as die Afrikanertuiste. Natuurlik is so te se al die Iere Kaukasiers maar dit is hul kultuur en gemeenskaplike lotsverbondenheid wat hulle saamsnoer… nie hul ras nie.
Ek staan vandag met my hoof in skaamte gebuig. Ek het die eed van 16 Desember gruwelik verloën. My land, my voorvaders se land is my ontneem. En ek leef so goed moontlik, so gemaklik moontlik met die grypers. Ek klim in die kooi met die vyand terwille van vrede.
Hoe gemakliker ek hier op voetsoolvlak word, hoe meer speel die regering en sy aanhangers die rassekaart. Hulle weet; solank hulle die rassekaart speel sal hulle aan bewind bly en so lank kan hulle ons belasting geld ontfutsel. Die Askari’s stook die gepeupel op, want hulle ry alte lekker op die soustrein!
Die land behoort aan die mense wat wel die eed afgele heet by bloedrivier en die Volk moet die land nie verloor nie maar wel stadig maarseker terugneem in sy totaleit en die andersvolkere wat hulle baasskap geword het in regeringsbevind ten minste verwyder of bestuur , dus is dit jou raaiskoot is so goed soos myne oor wat ons moet doen om dit te bereik ?
Dankie Quintin vir jou terugvoering!Ek sal baie graag nog self wil kom kyk hoe Orania vorder!
Ek wens julle net die beste toe!
My plesier ou maat…
Quintin briljant ek stem saam met jou ons moet eerder die kleem wegneem van die rassigheid daarvan of vermei veral omdat daar skitterende persoone is van alle rasse ,nasies en volksoorspronge .
Alhoewel ek wonder of n sogenaamde kleurling Afrikaner sal welkom voel om op Orania te bly en homself tevestig al dink ek hulle is Afikaners
dit le seker by die eie belsuit vermoe van enige mens of hy hom or haarself hulle saam met n sekerVolk vereenselwig nie waar nie?
John, so min soos wat ek ‘n Kleurling is omdat ek Afrikaans praat, so min is ‘n Kleurling ‘n Afrikaner omdat hy Afrikaans praat. Die Kleurlinge het hul eie kultuur en tradisies wat uniek is aan hul volk. Dit is baie onregverdig, geniepsig en selfsugtig van die liberale sg. “Afrikaanses” om die Kleurlingvolk se bestaansreg te ontken deur hulle saam te wil snoer met die Afrikaners of selfs die sg. “Afrikaanses”. Beide die Afrikaner- en die Kleurlingvolk bestaan al vir meer as 350 jaar – as ons een volk was dan sou ons al lankal saamgesmelt het, nie waar nie?
Pragtige inskrywing! Jy maak my Afrikaner-hart sommer warm met hierdie inskrywing! Ek weet ons volk sal weer eendag bymekaar kom, vanaf die verre Ooste/Weste sal ons weer vergader, daardie dag sal aanbreek, ons moet net moed hou, vorentoe kyk en blymoedig wees. Moed, Blymoedigheid en Kalmte van Gees! – die ou Onderwyskollege [PTA] se slagspreuk wat ek dink vandag heel gepas hiermee sal gaan.
k stem met jou saam en die is beslis n goeie denkwyse en sienswyse oor die kwessie ek dink die liberaletipes waarooor jy praat beslis meer probleme vir ons veroorsaak het in afriak as wat hulle oplossings geskep het.
Ek was al op Orania en het baie van hulle suksess al gehoor en selfs eie my stief familie is nader aan julle welaswaar om te ry daarnatoe sowel as om die stigters en omliggende poletieke – sakebelange te hulp bevorder ek se nog altyd VOORWAARTS ORANIA ,…en as ek more genoeg geld gehad het om n hus daar te bou sowel as om myself daarvanaf te onderhou was ek al daar.
Soms hoop ek die beginsels van Orania ook elders in Afrika werklikheid kan word dit is ook hoekom an organisasie soos http://truthandreconciliationpartyofrsa.blogspot.com/ daar is om die Afrikaner Volk en hulle bondgenoote te bevorder
Mooi bly !
n Etniese groep ontstaan in n geslote genepoel.So groep het dus unieke raskenmerke.As die poel waarin die groep ontstaan, geslote is,ontwikkel daar ook ander unieke kenmerke.Taal is nog so n kenmerk. Die groep se denkpatrone wat die basis vir sy persoonlikheid vorm,is vanwee die groep se isolasie ook uniek.In Frans word ander debatte gevoer as die wat die Duitsers onder mekaar voer.Die taal is die isolator wat aanleiding gee tot elkeen se eiesoortigheid.In die Afrikaner se groei tot selfstandige volk was daar n stadium toe die sogenaamde kleurlinge en die Europese nedersetters naby aan mekaar was.(Ek se sognaamd en ek glo baie van hulle sal saamstem,hulle as groep is seker die met die mees gediversifeerde gene poel). Die geskiedenis het anders besluit en is ons paaie geskei.Daar het selfs die kenmerke van n eie unieke taal by hulle begin ontstaan.Ongelukkig is dit versmoor deur beide Afrikaner en Engelsman.Die aanslag op ons as Afrikaners is vandag weereens fel en ons sal moet opstaan vir ons regte soos nog nooit tevore nie.Vir n groep wat soveel presteer het,wat al soveel moes verdra,wat al soveel talentvolle mense opgelewer het is daar niks anders as om terug te veg en ons te hervestig in ons eie gebied waar ons weereens beheer oor ons eie sake sal he.Drome van groot dinge wat uit die lug uit sal val,word nog deur te veel mense gedroom.Die werklikheid is harde werk en ywer.Gelukkig vir ons is daar mense wat versiende genoeg was en onder al die geskarrel en gepraat n ding begin het.Die ding se naam is Orania.
I hope in my lifetime that the idea undelying Orania receives maximum thrust and is realized ,VOORWAARTS ORANIA en VOORWAARTS AFRIKAANERSSELFBESKIKING!
Allenlik deur sulke belange hupstoot tegee sal verskie ellendighede soos Afrikaaner armoede oorwin word.
Die redes hiervoor,AFRIKANERS se “Res Publica” is baie n minder belangrike ene is dat die ANC regering nie die belange van die Afrikaner total en voldoende beskerm en dus is n AFRIKANERVOLKSTAATREPUBLIEK die enigste uitweg,die minderheid van Suid Afrika kan behulpsaam wees aan Afrikanses maar dalk nie vir die soort oopkop visioenêre en regverdige Christen gelowige Afrikaners waarmeer ek wil vereenselwig.
Al waarvoor ek nou wag is om iemand wat eerlik sal wees om die terminoloigiee te verklalar oor verskille tussen Afrikaners en Afrikanses.
Orania is die hoeksteen van die Afrikaners se “Rome” die kombuis en spens vanenige huis dus ekonomie begin met die landbou en dalk eindig met die landbou .
http://garagenumber24.blog.com/the-truth-reconciliation-party-of-south-africa/
dit lyk my ek het vergeet om ordentlike te spel en dit word vererger deurdat die rekenaar n Engelse ene is!
🙂
http://truthandreconciliationpartyofrsa.blogspot.com/
Terugklingel: Almal expats « Carte Blanche
ek is nogal verbaas om te sien hoeveel mense haal die Woord van God aan as hulle iets wil beklemtoon…..
dit is dan ook in die Woord waar ons geleer word dat die vrugte wat jy dra, bepaal die mens wat jy is. m.a.w…… as jy jouself as Christen uitgee, doen en dien!!!!!!!
sonder om iets terug te verwag!!!!!
sonder om jouself te verryk!!!!!
sonder om te vergeet jy is hier omdat jy ‘n verskil wil maak!!!!!
en sorg dat die verskil wat jy maak, nie vir jouself is nie!!!!!!!!
Ja,die Afrikaner word elke dag afgekraak en sleggesê.Oudsoldate van die vorige weermag,soos ek,word uitgebeeld as monsters en daar word probeer om hul uit die geskiedenis te vee.Vergeet van die Afrikaner,vergeet van sy oudsoldate en maak asof hul nie bestaan nie-dís wat die ANC probeer doen.Die Afrikaner is egter hier en ons gaan nie verdwyn nie en nog minder ons mense vergeet.Ons sal weer vry wees!
Solank Afrikaners en Afrikaans groei op ‘n positiewe manier waar mens positiewe rolmodelle kan wees vir die nageslag en met liefde en barmhartigheid kan kyk na alle nasies en ‘n goeie voorbeeld kan stel sonder om soos ‘n amerikaanse redneck rassis aan te gaan is daar hoop vir Afrikaners. Ons moet altyd eerste barmhartigheid en liefde vir ons naaste vertoon, selfs vir Zuma.
Ek stem Wolf, rassisme het nie plek in ons land nie, doem-profete ook nie. Dis ‘n mooi land, dis ons land, wit en swart, dis awesome
Presies Francois, EK weet van geen bybel of heiligeskrif wat sê jy moet ander nasies haat nie of jou medemens nie… Ons moet leer om vir vrede te leef… kyk na Switzerland, wanneer laas was hulle in ‘n oorlog? Hulle propageer vrede en is ‘n goeie ambassedeer vir barmhartigheid en menslikheid
Mmm… gaan lees bietjie in Eksodus watter opgragte God vir Moses gegee het toe dit by ander nasies gekom het.
Stem wel saam oor die Switserse benadering. Switserland se kantonstelsel kan vir Suid-Afrika ook werk. Orania is reeds so ‘n kanton waar ‘n gemeenskap hulself regeer.
mmmm geen wonder ek wil nie meer, met respek gesê aan ander, bybel lees nie