Wit Afrikaanse skole moet weg

jansenProf. Jansen trek ‘n streep in die sand vir Afrikaners.

Wit Afrikaanse skole hou ’n ernstige bedreiging in vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika.

Só sê professor Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

Prof. Jansen het tydens ’n emosionele toespraak by dié universiteit voorgestel dat die totale verengelsing van die land se onderwysstelsel die enigste oplossing is vir wat hy as ’n “wit Afrikaanse probleem” beskou.

Volgens prof. Jansen moet alle onderwys in Suid-Afrika slegs in Engels geskied, vanaf voorskoolse voorbereiding, regdeur die bank tot op universiteitsvlak.

Afrikaners is die enigste kultuurgroep wat wit en Afrikaans is. Hierdie is dus ’n direkte aanval op die volk wat die einste universiteit gestig het waar prof. Jansen vandag sy salaris trek.

Chris Klopper, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, meen navorsing dui aan dat “sowat 80% van Suid-Afrika se skole tans disfunksioneel is”.

“Die huidige minimum matriekslaagvereistes in Suid-Afrika is 40% of meer vir 3 vakke, 30% of meer vir ‘n verdere 3 vakke en 1 vak onder 30%. Ten spyte van hierdie lae slaagvereistes bly die onderwysstelsel ‘n mislukking aangesien daar in 2011 oor die 700 000 minder leerders matrikuleer het as ingeskerwe graad eens in 2000.”

“Afrikaanse skole aan die ander kant is wêreldklas en vergelyk goed met lande wat spog met die voorste onderwysstelsels, onder andere Finland, wat die beste onderwysstelsel ter wêreld het,” aldus mnr. Klopper.

Die Finse stelsel vereis onder andere dat onderwysers ‘n meestersgraad moet he in die vak wat hulle aanbied. In Finland ontvang 95% van alle leerders ‘n seniorsertifikaat binne ‘n skoolloopbaan van 12 jaar. Wit Afrikaanse skole spog met ‘n syfer van ongeveer 90%. Die Suid-Afrikaanse nasionale gemiddeld in 2012 is egter ‘n skaamtelike 33%. Dit wil se dat 67% van 2000 se graad eens nie binne 12 jaar kon matrikuleer nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus en voormalige lektor in Kommunikasiekunde aan die Noordwes Universiteit, het skerp op prof. Jansen se uitlatings reageer.

“As opvoedkundige is prof. Jansen verkeerd as hy pleit dat alle skoolonderrig in Suid-Afrika in Engels moet plaasvind. Hy verwar gesonde onderwysbeginsels met sy eie verskuilde nasiebou-resep,” sê dr. Mulder.

Dr. Mulder meen dat Engels ’n verpligte vak vir alle Suid-Afrikaanse kinders behoort te wees. Dit is egter totaal iets anders as om Engels die land se verpligte onderrigtaal te maak.

Opvoedkundige navorsing van oor die hele wêreld bevestig dat moedertaalonderrig die beste vir die oordrag van kennis is. Kinders wat ‘n tweede en derde taal, soos Engels, deur medium van hulle moedertaal aangeleer het, is byvoorbeeld beter in Engels as kinders wat altyd in ‘n tweede taal onderrig is.

“Prof. Jansen maak dus ‘n fout as hy argumenteer dat kinders van die eerste skooldag af in Engels onderrig moet word ten einde Engels onder die knie te kry. Die Wiskunde- en Wetenskap-resultate van kinders wat in hulle moedertaal, soos byvoorbeeld Afrikaans, onderrig is, is beduidend beter as kinders wat hierdie vakke deur medium van hulle tweede en derde taal moet aanleer,” aldus dr. Mulder.

Hy sê verder dat prof. Jansen wel korrek is as hy argumenteer dat onderrig in sommige Afrikatale tans swak is. Die antwoord is om hierdie onderrig te verbeter. Prof. Jansen se oplossing is om verdere hindernisse in hierdie kinders se pad te plaas deur hulle te dwing om moeilike vakke soos Wiskunde deur hulle tweede en derde taal te leer.

Prof. Jansen argumenteer eintlik oor wat hy as die beste resep vir versoening en nasiebou sien. Dan eindig hy verkeerdelik by Engels as onderrigtaal. Versoening word juis bevorder as elkeen se menswees en waardigheid erken word.

“’n Belangrike deel van my menswees en waardigheid is juis erkenning van my moedertaal, ongeag of dit Venda, Afrikaans of Engels is,” sê dr. Mulder.

Hierdie aanslag op Afrikaners skep egter nuwe geleenthede om alternatiewe metodes te bevorder. Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys (BCVO) het al diep spore getrap in hierdie verband.

Die BCVO het tans bykans 50 skole wat deel vorm van hul opvoedkundige liggaam. Hierdie skole  presteer oor die algemeen uiters goed en spog met die land se hoogste matriekslaagsyfer (95%). Orania-CVO handhaaf ’n 100% matriekslaagsyfer sedert die eerste leerlinge in 2002 daar matrikuleer het.

Uitlatings soos dié van prof. Jansen maak dit duidelik dat Afrikaners toenemend beskou word as ’n bedreiging vir die post ’94 bedeling en moet gesien word in konteks van stygende plaasmoorde, grondhervorming en rastellende aksie.

Die magshebbers se boodskap is duidelik: Afrikaners pas nie in by die prentjie nie en moet transformeer.

Ons boodskap is net so duidelik: Ons weet dat Afrikaners nie inpas by die prentjie nie en ons sal nie transformeer nie, dus bou ons vir onsself ’n volkstaat.

Sien www.vryafrikaner.za.org vir meer inligting en raak betrokke.

60 gedagtes oor “Wit Afrikaanse skole moet weg

  1. a theron

    Vanaf n podium en opleidingsinrigting waarvoor hy nie n sent bygedra het nie, Afrikaanssprekende blankes het!, is dit in sy posisie maklik om te praat van totale taalintegrasie na Engels, maar dit het tyd geword dat Afrikaanssprekendes onder die sweep van onderdrukking uitkom en sterk in eie reg raak. Komaan, doen!

  2. Wonder of Jansen besef dat daar ‘n fraksie van die Afrikaanse skole oor is wat voor 1994 bestaan het…

    Plaas vra hy eerder sy kolega by al die universiteite hoekom die toelatingsvereistes vir nuwe, jong voornemende onderwyslui so skokkend laag is.

    Jy kan amper druip met alles en sleutelvakke soos wiskunde wel druip en steeds ‘n onderwyser word.

    Geen wonder hierdie indiwidue is by onvermoë om sinvol inligting aan leerders oor te dra nie, want hulle weet self bitter min van enige iets af en heeltemal niks van die meeste goed. Dan vra mense hoekom gaan dit so beroerd.

    Hou die gepeupel ongeletterd en oningelig en jy sal vir “ewig” regeer….

  3. a theron

    Dit is ondermeer die Afrikaanse skole wat presteer, hoewel die wit studente nie ekstra punte kry voor die vraestelle nog gemerk word nie! Hoor ek nie n stuk jaloesie in Prof Jansen se giftige tirade nie? Ons is so vinnig besig om n diktatorskapstaat te word, van alle kante word geen plek vir minderhede gelaat nie.

    1. SA is vinnig besig om ‘n diktatorskapstaat te word – ons hoef nie deel daarvan te wees nie. Sluit aan by Vry Afrikaner en wees deel van die nuwe generasie Afrikaners wat bou aan ‘n vry en vooruitstrewende toekoms in ons eie volkstaat.

  4. Theo

    Jansen is en was altyd nog ‘n vyand van die Afrikaner! Hy het al klaar die UOVS vernietig en nou wil hy dit aan ons skole ook doen! Ek hou skool by ‘n swart skool en kan sien hoe hulle sukkel met Engels as voertaal, enigeiemand met genoeg verstand sal kan sien dat moedertaal onderrig al antwoord is vir ons verskillende kultuurgroepe! Ek dink Jansen moet sy “graad” gaan teruggee by die winkel waar hy die “lucky packet” gesteel het waarin dit was!

  5. Dit is natuurlik waarom alle Duitsers en Franse en watter land ook al hulle kinders in Engels laat skool gaan. (sarkasme) Al wat ek kan sê die vak opvoeding was waarskynlik nie deel van sy graad gewees nie.

    Jammer, maar dit is die aanval op ons Afrikaners. Om die tipe ding te beveg help net so veel as om die naamsverandering van Pretoria te beveg. Die skrif is aan die muur, maar ons Afrikaners is besig om lewendig gekook te word.

    Ons moet nie ons energie op die soort dinge mors nie en eerder al ons geld en energie plaas op ons toekoms.

    Ons moet werk aan ‘n gebied waar ons weer die seggenskap het, ‘n gebied waar ons die meerderheid kan wees. In die gebied sal ons eie name kies, ons eie grond, ons eie taal en waar ons ons kultuur kan uitleef. Kom nou leiers. Hou op die Afrikaners vals hoop te bied, vertel hulle die waarheid. Die waarheid gaan ons vry maak, nie leë beloftes van meer Afrikaanse skole en meer Afrikaanse name in die groter ZA nie.

    1. Hoor Hoor!!

      Wat ons wel kan doen is om hierdie klas van aanvalle in ons guns te draai deur dit te gebruik as uitgangspunte vir die gesprek rondom afstigting. Hoe meer Jansen en sy maats praat, hoe meer voorbeelde kan ons gebruik om mense die lig te laat sien.

    1. ahatheron@lantic.net

      Op die nuus sing die rektor n ander storie! Sal Wynand of iemand nie asb sy toesprake vir hom uitskryf nie, die stomme siel weet nie wat hom getref het na Afrikaner reaksie op sy toespraak nie! Hy ry op die anc verkiesings perd.
      Sent from my BlackBerry®

  6. Mossie

    Met verwysing na sg. wit, Afrikaans-dominante skole, wat bedoel Jansen met die volgende:

    “In other words, breaking the transmission line for the intergenerational transfer of bitter knowledge (Knowledge in the Blood) is crucial for the building of a an inclusive democracy.”

    Dink hy regtig Afrikaners indoktrineer hul kinders op skool om bitter te wees jeens die oorname van die land en die huidige bestel? Dat haat teenoor rasse aangeblaas word in Afrikaanse skole?

  7. Frik Lotz

    Genade,Jonathan Jansen kan die grootste snert kwytraak.Duidelik wil hy in die kalklig wees en dan maak hy allerhande onsinnige uitlatings.Wit Afrikaanse skole n gevaar vir rasseverhoudings? Snert! Engels is beter vir onderrig as Afrikaans jou moedertaal is? Snert! Onderrig moet juis in jou moedertaal wees.Jonathan Jansen stuur n boodskap uit dat Afrikaners nie welkom is in hierdie land nie.Slegte nuus vir jou Mnr Jansen,die Afrikaner is hier om te bly en gaan nie verdwyn nie!

  8. revolutionisvital

    “Jonas”, vermoed ek is die korrekte Afrikaans vir Jonathan. Maar Jonas, ek kan jou een ding belowe: Rasseverhoudings is totaal en al in sy hel in, na welke julle meer en meer sulke snert uiter… Snaaks hoe dit altyd net gemik is op Afrikaners, en Afrikaanse instellings…. En dan wonder “julle” hoekom die wereld ALTYD ‘n probleem met “swart mense” het…

  9. jan

    Hoe maller dit met Naspers se Kleurling kaskenades gaan hoe beter vir Orania.

    Hoe lank kan Naspers beleggers en eienaars nog bekostig dat hul afrikaanse produksie ondermyn word deur Botman en Jansen et al.? Boesak vir wie daar iets ouliks in UOVS berei WAS het blykbaar stil stil verkas na die VSA.

    Naspers probeer boer met rabies, runnerpes en swart ryp. Hulle kan maar traai maar daar sal geen oes wees nie – “net ‘n gewien en geknês va tanne” : soos ‘n AWB gammat [ nog voor die Afrika renaisaans] gesê he: “: …en vi die wat nie tanne hettie sal da tanne ga- sapplaai wod!!”

    Gelukkig is dit nie meer ons Boere se probleem nie – ons het BCVO met uitstekende produkte..– opgeraap deur die universiteite nog voordat hulle matriek klaar geskryf het!!
    Ook in die buiteland geen probleem met werk nie. En dis nie eers so duur soos die staatskole nie.

    Hou op kla oor die probleme en raak betrokke by die oplossing…..

  10. Eddie

    Is Jansen nie vir ‘n spesifieke doel deur die anc by die universiteit geplaas nie? Soos ook alle ander poste wat beklee word deur mense wat daar geplaas is deur die regering om ontslae te raak van die Afrikaner?

  11. Cyberjerk

    Ek is nie verbaas dat hierdie rasstellende aksie ANC-kader van Kovsies, Jansen sulke uitlatings maak nie. En sy huistaal is Engels. Ek wonder steeds wie by Naspers sy artikels in Afrikaans vertaal. Lees gerus Jansen se boek “Knowledge in the Blood”, waar hy die Afrikanervolk verdoem as naakte rassiste wat “gesuiwer” moet word van hulle rassisme. Sy ANC-rassisme word liefs vergeet. Kortom, hy hamer op apartheid en hy haat die Afrikaner …in Afrikaans. Maar Jansen is nie die enigste nie, Russel Botman van US is in dieselfde kategorie, almal ANC-trojaanse perde wat Afrikaans en die Afrikaners van binne moet vernietig.

    1. Anna Theron

      Wonderlike kommentaar, Cyberjerk, ek is maar net een wat ook rondval om koers te kan hou in hierdie tyd in hierdie land, ek ek waardeer die soort inligting wat jy aan ons oningeligtes deurgee. Van my party en my strewe sal ek nie afwyk nie, maar die soort kommentaar is so belangrik vir ons wat nie altyd toegang to relevante boeke het om kennis van te neem nie, en “kennis is mag”. Moet asseblief nie ophou om ons in te lig nie, meeste mense dink Jansen is ‘n ster in die donker nag vir die Afrikaner, en dit nog aan ‘n Afrikaanse Universiteit, waar die meeste skade en beinvloeding aan jong denkrigtings gemaak word. Dit lê die klem op die (politieke) opvoeding van ons kinders, en ons het nie almal die kennis nie.

  12. Frik Lotz

    Prof Jansen het die neiging om dramatiese uitlatings te maak en dan na die tyd met verskonings te kom soos dat sy woorde uit verband geruk is of hy is verkeerd aangehaal of hy plak die skuld op ander deurdat hul kwansuis onverdraagsaam is omdat hul nie met hom saamstem nie.Hy doen nooit verantwoording oor uitsprake wat hy maak nie en hy kom altyd skotvry daarvan af.Sy onverantwoordelike aanval op Afrikaans en Afrikaners is onvanpas en ongevraagd.Die Afrikaanse taal en die Afrikaner sal nie swig onder gedurige aanvalle nie. Ons sal sterk staan en ons SAL weer vry wees!

    1. Cyberjerk

      Ek lees op die sosiale netwerke kommentators skryf Prof Jonathan Jansen (JJ) se naam as Djonnatin Djansen, seker agv sy Kaapse afkoms. Djonnatin met sy gereelde rubrieke en omstrede uitsprake oor die afgelope vier jaar maak stellings wat dikwels as eensydig, simplisties, naïef, opportunisties, ondeurdag, onbewese, onwetenskaplik, wensdenkery en selfs as onsinnig, belaglik en blote gekkigheid deur kritici gebrandmerk word. Afgesien van sy anti-Afrikaanse en ras-onderrok wat uithang, het Jansen ook by verskeie geleenthede op kampus en by skole in die stad geskok met onwelvoeglike taalgebruik. Onder Djonnatin se “lyding” het die UV vinnig agteruit geboer, want die UV tel nie eers onder die top-450 op die wêreldranglys nie. Miskien behoort Jansen hom eerder te beywer om “sy” universiteit die beste in Bloemfontein te maak.
      My ondervinding met die lees van baie van JJ se rubrieke en boeke is dat daar sekere aspekte is wat deurlopend geopper word: Reitz-4 (‘n minder mooi studente irrelevansie, waarskynlik om blanke rassisme te beklemtoon), ras, Afrikaans en Afrikaners as rassiste (subtiel en minder subtiel).
      Soos ons almal weet bedryf die ANC rassisme op ‘n daaglikse basis bv rasstellende-aksie, SEB en vele meer, in so ‘n mate dat die hele staatsdiens vir alle praktiese doeleindes in duie gestort het agv rasse-aanstellings. Selfs moorde word prorata op rasbasis 6 keer meer op blankes as op swartes gepleeg – syfers is beskikbaar. Agv voorgaande word baie swartpersone in senior posisies waarskynlik as rasstellend gesien en natuurlik ook die ANC-kader prof Jansen.

      1. jan

        Ja die Reitz4 was die projek van die Redakteur van Volksblad Jonathan Crowther wat toe op die beheerraad van die UOVS was is [?].

        Jonathan Crowther moet die eer kry vir die JJ kaskenades..

        Net soos met die Inligtingskandaal destyds wat die projek van Wimpie de Klerk was – die redakteur van Rapport.
        Die’ goudstandaard’ van suksesvolle psy-ops verraad.

  13. Marinus

    En hoe het jy n prof geword. N Man wat so dink het natuurlik sy grad gekoop of so iets. Waarom is almal so gekant teen Afrikaans. Breek nou af en kry klaar , sodat ons dit maar weer kan bou. Ek is so gatvol vir mense wat so dink en alles Afrikaans en wit en apartheid die skuld gee. In 20jaar kon julle niks regkry nie. En julle sal seker ook nooit.

  14. Numbies

    So wat die “prof” nou eintlik dan kwyt raak is dat alle swart xhosa, -zulu, -venda, -sesotho, -afrikaans, ens skole asook kleurling afrikaans skole moet weg… Dit kan mos nie net een taal (Afrikaans) en een ras wees wat totale taalintegrasie verhoed nie… Die feit dat hy so rasse-ordelings maak dien as bewys dat hy nie in die posisie hoort waar hy is nie…

  15. Vir elke bruin en swart man/vrou wat hierdie kommentaar van my lees. Besef elke keer as julle ons(wit Afrikaners) probeer teendruk en uitwerk kom ons sterker terug en word nog sterker. Oor die laaste 20+ jaar word die wit man/vrou emosioneel en psiegologies geteendruk. Ons word net sterker. Ons mense word vermoor vir 5 cent, vroue en mans en kinders word verkrag. Ons is sterker as ooit. Ons ontwikkel self volkstate wat sonder enige staatshulp uitstyg en internasionale akkreditasie kry. Los die wit man werk aan jouself want hoe meer julle gepla is met ons, hoe meer gaan julle agter uit. Prof Jansen ek het respek vir jou gehad maar die is jou tweede omstrede uitlating en glo my vry ek het nou meer geen ag vir jou rasistiese neigings nie. Lewe jy n lewe van respek en nederigheid sal jy vorentoe gaan-Dit is ons(wit) kultuur.

  16. Gerhard

    Die idioot mag miskien ‘n prof As titel dra wat hy natuurlik in sy moedertaal Afrikaans geleer het… Afrikaans het geen vel kleur nie, maar ‘n taal wat gepraat word deur die bevolking van Suid Afrika. Die swak skool resultate het niks te maak met ‘n taal nie maar deur die verlagen van die standaarde wat bepaal of jy slaag of nie. As jy op ministerie vlak bepaal die slaagpunt is net 40% dan moet jy by die dom idioot in die ministerie begin wat die drempel so laag bepaal. My vraag is dan wat is die slaag syfer in die ander skole of amptelike tale? Klink vir my hy het niks beter om te doen nie. Maar eerder sy amp in die posisie te vestig As ‘n “ja baas vir die regering”. Hoe meer jy “stir” hoe belangriker klink jy.

    Wat jammer dat na 20 jaar dat apartheid afgeskaf is daar geen persoon opgestaan het met ‘n plan vir die toekoms nie. Hoe lank gaan apartheid die skuld kry vir mense se “nuwe uitkyk op die nuwe Suid Afrika” kom prof. Werk vir jou geld en begin eerder met die nuwe toekoms te werk waar die bevolking van Suid Afrika saam bou in die toekoms vir almal. Of wil jy eerder terug gaan na Harry die strandloper?

  17. LP LOUW

    Prof Jansen maak ‘n fout.
    Neem moedertaal weg as keuse van onderig en jou uitkoms neem af . Verander Afrikaanse Skole na Engels gaan niks doen vir die standaard van onderwys.
    Hoekom iets verander wat alreeds werk prof Jansen?
    Waar is jou focus? Sekerlik nie in die belang van die kind?

  18. Carla

    Hy het duidelik geen idee, of ignoreer die feit dat die skoolsisteem in SA in n benarde en patetiese toestand is. Die slaagsyfers is pateties-laag. Dink hy dat n verandering aan taal die antwoord is tot beter slaagsyfers dan wag daar n groot verrassing op die Rektor. Plaas hou hy hom besig met kampussake en los die Afrikaanse taal uit, wat hy ook so ewe vlot kan praat. Laat mens wonder hoe intelligent die man dan nou rerig is want ek twyfel of hy ooit met Engels as huistaal groot geword het.

  19. Rita

    Hulle 10 miljoen meer as ons en steeds bedreig ons hulle dit belaglik. Ons sal nue gaan lê nie nooit nie as ons kinders nie meer kan skool toe gaan nie sal ons hulle met onderwysers tuis leer in ons eie taal. Ons onderwysers nie nuttelose betogers nie.

  20. gerhard van biljon

    Pak jou tasse en gaan bly in die buiteland waar jou kinders skool gaan. Hoekom gaan hul daar skool? Omrede die RSA se skole nie op standaard is nie. Afrikaans word deur jou as sondebok gebrandmerk omrede jul verskonings begin op raak het vir die swak standaard. Afrikaans het absoluut niks te make met onderwysers wat staak nie; nie opdaag vir werk nie; nie behoorlik opgelei is nie; die standaard van die slaagsyfer so aangepas is dat werkgewers nie eers belangstel in ‘n matriek sertifikaat nie; skool boeke wat nie afgelewer is nie; dissipline op skool; oorvol klaskamers; kinders wat onder bome skoolgaan; ensovoorts. Wie het die meeste vd universiteite gebou en gevestig in die rsa? Definitief nie die engelsprekendes nie! Veral die universiteit waar jy nou so groot bors rondhang! Weet jy wat? Ons het jou nie nodig nie. Ek het regtig meer van jou gedink. Gaan terug na die struggle (in die bos) toe. Praat jou huisgesin afrikaans? Nee!!

  21. Danie Bosman

    Soos n, baie jonger en reeds meer nugterdenkende nefie van my as hierdie Janson, sou sê “Janson moet sy maag laat gaan.” Dan kom sy kop dalk dan ook skoon.

  22. Tessa

    Ag asseblief ou Jansen…. kom by !!!!! as Afrikaans sprekende skole nog moet weggevat word geheel en al sal die land nog erger sak in die droewige toestand wat dit reeds verkeer i.v.m. skoolopleiding want die goed wil nie leer nie.” end of story” …. hulle wil net wys ”wie is baas van die plaas” …. dis die wit skool kinders van die land wat redding sal bring as hulle kan gegee word….. Afrikaans is tog n moedertaal, hoekom dit wegvat en gedwing word om n ander taal jou moedertaal te maak….. DIS SNERT !!!! Jansen klink nou net so dom soos diegene in die swart skole wat net 33% kry vir eind eksamens en dan soms nie eens soveel nie…. as hulle met sulke resultate na buitelandse skool toe gaan sal hulle uitgelag word…. dis nou maar seker !!!! Vernaamlik deur die Finne !!!

  23. Moedertaal-onderrig of dit afrikaans, engels of een van die ander 11 tale is, is so belangrik. Om die rassekaart te speel is ‘uneducational’ Op die ou einde is dit die vlak van opvoeding, in die voorkeur taal van die student wat regtig tel. Vir al my mede Afrikaanssprekendes: Bou skole! Ek sal waaragtag terugkom SA toe vir hierdie doel.

  24. Dit is die taal van die toekoms, maak nie saak hoe hard dit ons Afrikaner-kultuur tref nie! Dit sal ons land bevoordeel as die kinders onderrig word in Engels. Die HUIStaal gaan mos nie by die HUIS uitsterf nie. Dit gaan slegs die toekoms van ons kinders verbeter. Die is nie NET op wit Afrikaans sprekendes gemik nie, julle vergeet die meerderheid van ons land praat NIE Afrikaans en eerder ander swart-tale.Dit sal tot SUID-AFRIKA se voordeel strek as daar een onderrig taal is.

    1. Gabrielle, dis waar dat dit in almal se voordeel strek om Engels vlot te praat, maar moet dit ten koste van Afrikaans as onderrigtaal wees? Hoeveel derduisende gegradueerdes het Afrikaanse universiteite dan vir SA en die wereld deur die jare opgelewer? Buitendien, ek wonder hoeveel gegradueerde Afrikaners nie ‘n woord Engels kan verstaan nie…

  25. Ek stem saam, dink bietjie logies aan die wit afrikaner setting in “Afrikaanse” skole. Ek kan selfde se van “Xhosa” skole. Alle onderrig moet in Engels wees, nie Afrikaans of enige van die 1000 ander tale in SA nie.

    1. Ironies dat statistieke bewys dat daardie Afrikaner skole met hul Afrikaanse inslag die heel beste resultate in SA lewer. Kyk bietjie wat die gemiddelde slaagsyfer en onderskeidingtal by Afrikaanse skole is en vergelyk dit dan met die nasionale (Engelse) gemiddeld. Afrikaner skole se resultate tel onder die top 10 in die wereld, maar jy dink dis ‘n goeie idee om hulle te verengels en af te breek tot die chaotiese toestand waarin die res van die land se onderwys verkeer. Baie slim idee, hoor!

  26. Johann

    Ek het ‘n 2400 woord opstel oor Prof Jansen geskryf, en ekt soveel respek vir hom gehad, maar die maak nie sin nie. Ek kan nie dink dat hy die se nie. Maar hopelik gebeur dit nie.

  27. Tommy

    Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond. Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.

    En hierdie man staan aan hoof van ‘n universiteit.

  28. Munette

    Nie een van julle was seker universiteit toe nie!! Al die handboeke is in engels. Dit is pateties dat afikaanse student engelse inligting laat vertaal omdat hulle te ongeletterd is om dit te verstaan. Nog erger is wanneer mens in die werkplek kom en ‘n bestuurder kry nie engels gepraat nie want hy het op sy “regte” gestaan. Maar so is dit seker maar, die oningeligte Afrikaner volk!! Ons sal sien hoe draai die toekoms uit!!

    1. Munette, was jy ooit universiteit toe? Mens het nie ‘n graad nodig om te hoor hoe Afrikaans daagliks gepraat word in die grootste instellings en ondernemings in SA nie. Mens het juis ‘n agterstand in SA as jy nie Afrikaans kan praat nie. Suid-Afrika se grootste sakemanne en mees bekwame ingenieurs, dokters, regslui ens. is dan Afrikaners… ek wonder wie nou juis die oningeligte een is.

    2. philip

      So praat almal in die parlement ook engels…maak of hul belangrik is met fgroot engelse taalgebruik en vergaderings oo vergaderings… tog maak dit nie die slaggate toe nie, tog verminder dit nie die misdaad nie of gee ons beter onderwys opleinding nie…jy sien Munette, jy kan leer in jou engels en jouself belangriker ag,ek hoop net jou geleerdheid in engels kan ons probleme oplos…die woord potholes (ek hoop ek spel reg munnette) het nie minder geraak nie…so vul dit met jou engelse boeke…

  29. Cecilia Lombard

    Ek is so ‘kwaad’ ek sal in die tronk land as ek alles moet se hoe ek voel. Cope is n groot gevaar ‘kommunistiese gevaar’. Tans beskerm die grondwet elke individue in die land op sy eie regte en keuses. So is ons nou klaar kommunisties. Engels kan jou internasionaal dalk help. Ek moes vir 12 jr in engels studeer, mondeliks my werk verrig. Ons was oorheersend ‘swart personeel’-tot hulle en die kleurlinge het swak gedoen in eksamens. Ons was wel geregtig om 1 of 2 ‘vrae’ in engels te verduidelik met uiterste (afrikaans) as jy totaal nie die vraag verstaan het. ALMAL in SA kan 90% slaag kry AS hy in sy eie taal studeer en AS HY WIL studeer. ‘Diesulkes wou nie leer, tot antwoorde vir mekaar gegee en nog steeds 50% gekry. Dan bou ons ons eie afrikaanse skole, universiteite en technikons. En alle ‘skenkers en bydraes tot die fonds’ sal SLEGS deur die afrikaanses bevoordeel word. So nie sal ‘huis onderrig in klein groepies’ die beste wees in woon areas met 1 of 2 onderwysers. Die meeste sport moet die leerlinge in elk geval self betaal. En fondsinsamelings kan gehou word en n leerling fooi. Nou gaan dinge te ver: “Moet n kat nou leer blaf!”. Ek is so gatvol vir hierdie land, maar hoekom moet ek vlug, en al die geboue, instelling ALLES wat ONS verstand en hande gebou het agterlaat vir ander mense. Hul kan Engels en die land kry soos toe Jan v Riebeeck in 1652 hier aangekom het! Kommentaar in groot geletterde Afrikaanse woorde gaan nie hierdie situasie red! Dalk verstaan hul my ‘plat’ Kaapse Afrikaans? Dalk!

  30. Sias

    Mens se taal het ‘n groot invloed op jou denkpatrone. As alle universiteite verengels beteken dit ons beweeg ‘n groot sprong nader aan eenderse denke – Watter geweldige slag sal dit nie wees vir die gawe van diversiteit en die wereld se vermoë om probleme op te los nie? Ons sal almal armer wees…

  31. Rynerie Janse van Rensburg

    Regtig Prof? Hoe kan prof sê dat die probleem by Afrikaanse skole is? Hoe moet kinders voel wat nie eers in hul eie moedertaal kan leer nie? Verwag jy regtig dat deur als Engels te maak die stelsel te verbeter??? Om jou senior sertifikaat te verkry het jy belaglike lae minimums om te behaal. Ek meen flip, 30% om te slaag? Die eintlike probleem is dat enige plek waar jy aansoek doen om werk te kry jy ‘n matriek sertifikaat nodig het en nou kan massas nie werk kry bo die minimum vergoeding nie. Dus die oplossing wat gegee is, is om die slaag syfer te verlaag, vir statistiek. Dis soos om op Orah te wees:”You! And you! And you gets a certificate! Everyone gets a certificate!” Assessering in skole is deesdae soos om ‘n sin van tien woorde te lees. Jy ken 3 maar jy kry nog een punt want jy het darm met brabbelings probeer om dit te lees. En kom ons gee aommer n punt vir jou net omdat jy opdaag vir skool of klas. Die eintlike probleme word nie aangespreek nie. Dis winter nou, en self toe dit somer was, het talle skool kinders regtig honger in n klas gaan sit. Daai kinders wat uit arm en ek meen regtig haaglike huis omgewings elke oggend kms skool toe moet gaan, sukkel. Dis nie n kwessie van afrikaans of engels nie maar basiese, grondwetlike beginsels. Hou op om fout te soek by taal onderrig en doen eerder iets meer konstruktief. Kom ons kyk hoe jy of enige aangestrlde persoon met miskien n snytjie brood en koud te gaan leer?

  32. Annene

    Daar word vinnig gese dat wit afrikaners rasisties is, maar hierdie man is een van die grootste rasiste wat daar is. Hy wys dit in alle artikels en gesprekke.

  33. witkaffer

    Haha ek studeer by n Afrikaanse/Engelse universiteit en by toeval swot baie van my vriende onderwys en hulle doen almal wetenskap en calculus tot 3de en 2de jaar(m.a.w hulle werk al aan kwantum meganika stelsels) van hulle het selfs mikrobiologie vakke en biochemie en chemie vakke.Omdat hulle almal glo dis die enigste manier om goeie onderwysers te word en dis hoe ek voel hoe ernstig onderwys moet begin word orals in SA en dan kom n Rektor van n trotse Afrikaanse agtergrond en sê wit en Afrikaans is sleg waar hy eintlik n klomp probleme miskyk in die stelsel.Shame hoe die slim mense in SA wat in sterk posisies sit soos hy ook rasisties is

  34. Liddie Styger

    Prof, ek het soveel agting en respek vir jou gehad. Ek het meestersgraad in Eng (as Afrikaanssprekende) maar jy mis die punt. Het die die eerste opstande nie ontstaan agv misgunde moedertaal onderrig nie? Engels is die universele taal, maar kom ons kry die basis eers reg in ons moedertaal, wat dit ookal is. En jy voel jy verstaan hoe ‘n kind se kop en hart werk?!

  35. Gerhard Olivier

    Ek is ‘n onderwyser al vir 20 jaar! Ek sien hoe die stelsel uitmekaar val. Al wat ek wil se is dat as dit nie was vir die ex model C skole nie, (en meeste Afrikaans) en hulle onderwysers wat elke dag hulle werk getrou doen nie, waar sou die ANA’s en sistemiese uitslae gewees het?? Haal hulle uit die vergelyking uit, en kyk waar le die land se gemiddelde!! Kruisig die mense wat eintlik hulle werk doen?? Dis tyd dat die parasiete uit die onderwysstelsel verwyder word. Tyd dat vakbonde nie meer ‘n inspraak het nie. Tyd dat inspekteurs instap in klasse en kyk wat de hel in die klasse gebeur!!! Vergeet van model C skole en gaan kyk wat is effektiewe skole en hoekom dit WERK!!!

  36. Matthys Johannes Dewet Verwey

    Hoekom is sowat 80% van Suid-Afrika se skole tans disfunksioneel” Mnr Jonathan Jansen??? Kom ek lig my mening… Soos ons almal nou se dae, kan se wat ons wil, as ons bruin is… skies, jammer, vreeslik jammer ek Is WIT… BOER… KAK met dit. Oor ons wit is, mag ons skielik NIKS se nie??? Se moer.!!!! En ek beklemtoon… ek is wit en ek is afrikaans, en ek is FOKKEN trots om te wees…!!! FOK wie dut nie wil anvaar nie. Ons as wit, AFRIKAANSE mense, het jul nie afrikaans sprekendes, verwelkom, in ONS land, nou wil jul ons moedertaal van ond ontneem??? Kak met julle. As jy nie afrikaans verstaan nie, sal wat ek volgende gaan se, geen sins vir jou saak maak ni… FOK jou, FOK die ansee, FOK sokker en FOK die SWART SKELM HOND, wat nie eens vir sy eie baas kan luister nie…. Gee my ‘n O JA, O JA as. julle saam stem, afrikaners???

Lewer kommentaar op dirk Kanselleer antwoord