Die lyne word getrek

Net toe die Westerse beskawing uit baie oorde afgeskryf word, gebeur die byna ondenkbare in die bestek van ‘n paar maande. Die meerderheid Britte kies algehele selfbeskikking bo lidmaatskap van die Europese Unie en ‘n uitgesproke regse word verkies tot president van die VSA.

Brittanje en die VSA het die Westerse beskawing gevestig as die dominante fors in wêreldpolitiek. Dit was hoofsaaklik ook hierdie twee lande wat daarna ‘n lat vir hulself en die hele Weste gepluk het met ‘n oordrewe liberale wêreldbeskouing – veral met die grootskaalse toelating van immigrante uit die Derdewêreld en die daaropvolgende skepping van ‘n polities korrekte orde wat gekenmerk word deur konflik wat te dikwels opvlam binne hul ongebalanseerde multikulturele samelewings.

Dus is dit net gepas dat die keerpunt in 2016 juis deur die behoudende gedeeltes van die Britse en Amerikaanse bevolkings demokraties bewerkstellig is. Hiervoor gaan die harde werk van o.a. Nigel Farage en Donald Trump eendag in die geskiedenisboeke opgeskryf staan.

In Frankryk en Nederland geniet sogenaamde vêrregse of nasionalistiese partye ongekende steun in aanloop tot hul onderskeie algemene verkiesings. Orals in Europa groei steun vir regse partye namate die ou orde beheer verloor oor immigrasie terwyl hulle hulself steeds blind hou vir die newe effekte wat hul liberaal-sosialistiese beleide vir die gewone mens op straat veroorsaak het.

Daar is ‘n duidelike verskuiwing na regs in die Weste. Hierdie hergroepering dui daarop dat die ou orde se doelwit om hul weergawe van ‘n multikulturele samelewing te skep misluk het. Wat dit betref, net twee gedagtes:

  1. Behoudende beleidmakers sal nou ‘n effektiewe en vreedsame oplossing moet vind om hul lande se immigrante-burgers suksesvol met die res van die bevolking te integreer terwyl die invloei van immigrante uit die Derdewêreld daadwerklik gestuit word.
  1. Byna alle samelewings is en was nog altyd in ‘n mindere of meerdere mate multikultureel. Die vraag is dus nie of ‘n gelukkige samelewing dan multikultureel moet wees of nie, maar eerder op watter punt die demografiese samestelling van ‘n multikulturele samelewing ophou om ‘n bate te wees en waar dit begin om ‘n las te word?

Op die tweede punt is ek van mening dat diversiteit in meeste gevalle ‘n bate is – en in die meeste van hierdie gevalle maak immigrante nie meer as 10% van ‘n land se bevolking uit nie. Mens kan Denemarke, Botswana en Japan hier as voorbeelde gebruik. Sulke lande het gesonde maatreëls in plek om integrasie te bevorder sonder dat die minderhede hulself totaal van hul oorspronklike identiteit hoef te vervreem.

Sommige Afrikaners mag dalk worstel met hierdie gedagte. Onthou, Afrikaners in Australië is deel van “die ander” in so verre dit die Australiese samelewing aangaan. Hulle vorm deel van Australië se multikulturele samestelling en lewer beslis ‘n positiewe bydrae tot die land se ontwikkeling.

Dieselfde geld vir Afrikaners wat in Zambië en die Kongo boer. Alhoewel hulle immigrante is, is hulle alles behalwe ‘n las vir daardie lande.

Aan die een kant is dit goed dat die Weste minstens begin het om ‘n lyn in die sand te trek. Aan die ander kant sal dit fataal wees om te vêr regs te beweeg. Karakters soos Joseph Goebbels en Julius Malema mag dalk nie van dieselfde kultuurgroep of tydvak wees nie, maar in hul retoriek jeens “die ander” is daar min wat hulle van mekaar onderskei.

Die ironie lê natuurlik in die feit dat die Weste vandag grense trek en mure bou terwyl hulle vir dekades lank hul tande in die Afrikaner ingeslaan het oor ons eertydse beleid van afsonderlike ontwikkeling.

Die tye is besig om te verander en dit tel in ons guns. Hopelik sal ons ideaal van vreedsame selfbestuur in eie grondgebied minder wind van voor kry by die nuwe beleidmakers in die Weste as wat dit by hul voorgangers het.

Baie van ons het ook reeds ons lyn in die sand getrek en bou vandag aan ‘n nuwe tuiste vir Afrikaners wat hul vryheid nastreef. Myns insiens skep hierdie groep meer moed vir die toekoms as enige ander opsie wat ons ou orde en die liberale media al voorgehou het. So, Afrikaners, staan sterk en hou net koers!

6 gedagtes oor “Die lyne word getrek

    1. Dankie Hanno – die gesegde is “trek ‘n streep in die sand”. Ek het die woord “lyn” gebruik om in te skakel by die titel en ook die feit dat ek figuurlik verwys na ‘n grens. Maar ja, jy is reg.

      Wat is jou opinie oor wyle prof. Carel Boshoff se gedagte om volkstaatgroeipunte tussen die Bo-Karoo en Weskus te vestig? Orania is in die Bo-Karoo en is suksesvol gevestig. Nou kyk baie van ons na die Weskus vir ‘n tweede groeipunt. Sal graag jou gedagtes oor die onderwerp wil lees.

  1. T.K.C

    As mens begin “grou” is dit skrikwekkend waar mens uitkom. Die eeu oue “storie” van wereldheersers wat glo hulle is verhewe en die res van die wereld slawe wil maak. Een wereld regering. Daar’s baie inligting wat mens vir baie lank kan besig hou. Net wanneer mens dink jy weet nou, kom jy op nog meer af. Dieselde handjievol mense het Germanië se IP “gesteel”, na verdere ondersoek lyk dit of Hitler dalk onskuldig mag wees en Duitsland totaal onregverdig behandel is. Hulle betaal nou nog aan oorlogskuld. Die weste UK en VSA onder die mag van die handjievol mense het hulle in die rug gesteek! Dieselfde mense het amper nou met VSA weggeloop. As mens eers die bloedspoor kry, kan mens nie ophou soek en grou nie. Die internet maak navorsing makliker. Ek kyk of glo nie regtig in “conspiracy theories nie”, mense hardloop te maklik weg daarmee. Maar hoe dan anders as mens na die waarheid begin soek., dan kyk mens na al die kante en argumente wat beskikbaar is en maak dan ‘n “oordeel”. Al wat ek kan sê is dat SA moet ontwaak uit die groot slaap …. veral die stedelinge wat droom van nuwe voertuie ens…. Die vyand is nie noodwendig die een wat ‘n ander kleur is nie. Die grootste vyand is die kommunistiese ideologie in samewerking met kapitalisme.

  2. Niels

    Mooie opinie!
    U hebt gelijk over de Europese ruk naar rechts; hoewel men hier in Europa momenteel jammer genoeg absoluut niet bezig is met de situatie van de Afrikaners, hoop ik ook dat de politieke evolutie in Europa een ander licht zal werpen op de Afrikaanse geschiedenis.
    U hebt alvast mijn steun in de opbouw van uw nobel project!

    Groeten uit Vlaanderen

    Beautiful opinion you have!
    You are right concerning the European renewed right-wing orientation; although at the moment European citizens are, unfortunately, not really caring about the situation of the Afrikaners, I hope that the political evolution in Europe will put the African history in another perspective as well.
    However, you have my support in developing your noble project!

    Kind regards from Flanders

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s