Net toe die Westerse beskawing uit baie oorde afgeskryf word, gebeur die byna ondenkbare in die bestek van ‘n paar maande. Die meerderheid Britte kies algehele selfbeskikking bo lidmaatskap van die Europese Unie en ‘n uitgesproke regse word verkies tot president van die VSA.
Brittanje en die VSA het die Westerse beskawing gevestig as die dominante fors in wêreldpolitiek. Dit was hoofsaaklik ook hierdie twee lande wat daarna ‘n lat vir hulself en die hele Weste gepluk het met ‘n oordrewe liberale wêreldbeskouing – veral met die grootskaalse toelating van immigrante uit die Derdewêreld en die daaropvolgende skepping van ‘n polities korrekte orde wat gekenmerk word deur konflik wat te dikwels opvlam binne hul ongebalanseerde multikulturele samelewings.