‘n Geslag wat die moed het om ‘n ideaal te verwesenlik

Inleiding

‘n Mens maak maklik die fout om te dink dat jou volk ‘n skeppingsgegewe is soos ‘n berg of ‘n vlakte; iets wat prakties nooit sal verdwyn nie. Niks kan verder van die waarheid wees nie. Volke ontstaan as omstandighede daarvoor geskik is en verdwyn wanneer hulle die uitdagings waarvoor hulle te staan kom, nie die hoof kan bied nie.

Maar ‘n volk neem ‘n geslag of twee om te sterf en daarom is die feit dat dit aan ‘n terminale siekte ly, nie altyd vir indiwiduele lede sigbaar nie. Dit is die agtergrond waarteen ons die Groot Trek binne raamwerk van die breër Afrikanergeskiedenis en Bloedrivier binne raamwerk van die Groot Trek gaan bekyk.

Lees voort “‘n Geslag wat die moed het om ‘n ideaal te verwesenlik”

Die Gelofte: Noodkreet van bedreigde Trekkers

Van al die Afrikaner se feesdae is Geloftedag sekerlik die een wat die toets van die tyd die beste deurstaan het. Dit is ook die mees omstrede feesdag.

Niemand het iets daarteen as mens op 14 Augustus jou taal vier, of op 31 Mei die Bittereinders wat die vryheidstryd so lank moontlik gevoer het, of die dapperes wat op 27 Februarie die Engelse van Majuba gaan afhaal het nie.

Lees voort “Die Gelofte: Noodkreet van bedreigde Trekkers”

Prof. Carel Boshoff se toekomsvisie

Tydens ‘n gesprek met dr. Wynand Boshoff oor die toekoms van Orania, het hy my vertel van ‘n skrywe wat sy pa ‘n paar weke voor sy afsterwe vir hom gegee het in die hoop dat dit later versprei sal word.

Dit handel oor die toekoms van suidelike Afrika en hoe vrede en stabiliteit in die streek bewerkstellig gaan word, al dan nie. Hierdie is een van die laaste artikels uit wyle prof. Carel Boshoff se pen en word hier vir die eerste keer met die publiek gedeel. Dis opvallend dat prof. Boshoff byna ‘n jaar voor Julius Malema se skorsing reeds gemeen het Malema is “nie die prins wat die troon sal bestyg nie”. 

Lees voort “Prof. Carel Boshoff se toekomsvisie”

Fritz Joubert: “The man who killed Kitchener”

 

Die Swart Luiperd, The man who killed Kitchener, FBI Most Wanted, Duquesne Spy Ring – hierdie is maar net ’n paar terme wat geassosieer word met een van die mees opspraakwekkende karakters in die Afrikaner se geskiedenis.

Daar is heelwat verhale oor Fritz Joubert Duquesne (uitgespreek Doe-Kyn) geskryf en verskeie van die stories kom nie altyd ooreen nie. Ons het ondersoek ingestel om hierdie ongelooflike karakter se lewensverhaal vir u, die leser, bekend te maak.

Lees voort “Fritz Joubert: “The man who killed Kitchener””