Vry Afrikaner is ‘n genootskap van oplossing gedrewe Afrikaners wat ‘n belangrike bydrae lewer tot ekonomiese ontwikkeling en bewusmaking van ‘n Afrikanervolkstaat.
Ons is ‘n organisasie sonder winsoogmerk en word vanuit Orania bedryf. Vry Afrikaner is op 14 Augustus 2010 gestig en is in 2013 ingelyf as ‘n maatskappy sonder winsoorgmerk (NWO/NPC).
Die Vry Afrikaner Ontwikkelingsfonds is in die lewe geroep om ekonomiese groei en Afrikanerwerkskepping te versnel deur die ontwikkeling van besigheidseiendom, entrepreneurskap en nuwe sakeondernemings in en om Orania met die Weskus as ons uitbreidingsgebied.
Ons word van meeste organisasies onderskei deurdat ons uitsluitlik in die private sektor werksaam is en dat ons lede jaarliks ‘n bonus inkomste verdien by die organisasie.
Die Vry Afrikaner Mediakantoor behartig die bemarking van ons projekte en bedryf ons blog, webwerwe en sosiale media. Ons hou duisende lesers op hoogte van gebeure in die volkstaat en versprei inligting wat spesifiek handel oor ontwikkelingsprojekte, ekonomiese aangeleenthede en Afrikanerselfbeskikking.
Besoek gerus die Vry Afrikaner webwerf vir meer inligting en sluit aan.
Orania het nou anderdag in ‘n skrywe gesê dat hulle met ‘n hospitaal sal kan doen.
Ons weet dat dit ‘n groot klomp geld sal kos om dit te doen.
As ons bv. ‘n Orania hospitaal en mediese sorg polis bemark en dan daardie geld aanwend om ‘n hospitaal te bou, dink net hoeveel werksgeleenthede word nie onmiddelik geskep nie.
Mense gee graag geld as hulle weet waarvoor dit gebruik gaan word, en of hulle ook daarby sal kan baat.
Daarmee saam kan hierdie fonds so bestuur word dat dit vir die beleggers ook ‘n mediese polis is.
Nie ‘n mediese skema nie.Dit is effe anders, maar kan ook deel daarvan wees.
Die idee is om infrastruktuur te skep wat vir die belegger lang termyn voordele inhou.
Spesiale tariewe vir mediese behandeling bv ens.
Mediese behandeling in die NSA hospitale grens nou aan slagpaal standaarde.
‘n Universiteit is volgende op die lys.
En werk op die selfde beginsel.
Ons sien mos wat om ons gebeur. En ons weet dat die koeël deur die kerk is. Om verewig in duur hofsake betrokke te wees om Afrikaans daar te red, is ‘n mors van tyd en geld wat beter aangewend kan word, en ‘n blywende oplossing vir al ons Afrikaners verseker.
Net met hierdie twee instellings sal Orania se inwoners die hoogte inskiet.
Hierdie nuwe mense veroorsaak dat daar nog bykomende dienste gelewer moet word, wat nog mense lok.
Dit sal ‘n sneeubal efek veroorsaak wat nie gestop kan word nie.
Ek het hierdie skrywe van my ook op Praag geplaas onder Arnieann.
Arnold jy noem iets wat ek ook dink relevant is in ons soeke na ekonomiese uitbreiding op Orania. Ek vra ook baie keer die vraag hoekom in duur hofsake betrokke raak as ons met daardie geld eerder kan opbou en uitbrei op Orania.
Hierdie hofsake word in baie gevalle net gewen vir ‘n kort tydjie totdat die ANC met sy miljoene aan belastinggeld teen die uitspraak appeleer of totdat hulle met ‘n nuwe aanslag teen iets anders kan begin. Orania in sy geheel moet homself as ‘n beleggings opsie aanbied.
Dit is ‘n baie goeie plan wat ek eenhonderd persent steun en wat ek dink beslis aan gewerk moet word deur die Oranie owerheid. Is daar al ‘n fonds waar daar geld bymekaar gemaak kan word vir veral ‘n hospitaal?
Ja – die Groeifonds.
Is daar tans vliegveld geriewe, maw, ‘n landingstrook van ongeveer ‘n kilometer lank, brandstof geriewe en ‘n ‘n tipe van lughawe gebou.? Kan ‘n vliegtuid soos ‘n Cessna Citation, Bombardier ens die kleiner passasiers vliegtuig., daar land en weer hervul word?. Daar bestaan so iets soos landingsfooie, ens. Dit is alreeds ‘n inkomste. Waarom kan ons nie Orania as ‘n toerisme “aantrekliheid” bemark nie, mits daar genoeg is vir ‘n toeris om te sien en te doen.
Daar is hope potensiaal om Orania binne ‘n baie kort tydperk tot ‘n baie groot dorp of stad uit tebou. Al wat kortkom is insiatief en kreatiwiteit. Beleggers kyk ook na beide Dit was in elk geval beide wat Suid Afrika gebring het tot 1994. Suid Afrika was ‘n faktor waarmee rekening gehou moes word en het die infra struktuur gehad om met die beste in die wereld te kon meeding. Ek is bewus daarvan dat indien sekere lande, soos bv. Nederland genader sal word met ‘n potensiele beleggings voorstel, dat dit nie summier afgeskiet sal word nie. Ons, Afrikaners is nog nie met die rug teen die muur nie en met God ons Vader aan ons kant SAL Hy weer ons begenadig en sal Hy weer aan ons die nodige verskaf, mits ons Hom Alleen eer en aanbid. Ons moet waak om nie weer aan die wëreld gelykvormig te word nie.Eer Hom deur Sy Seun Jesus Christus, doen en bou ALLES tot eer van Sy Naam en Hy sal ons Afrikaner volk genadig wees. Hoeveel keer het Israel gesondig in die woestyn en kyk waar staan daardie nasie vandag.
Kom mede burger, kom ons maak die verskil, wetende dat Die Een, die Here Jesus Christus, wat vir ons die krag gee ons NOOIT sal begewe of verlaat nie.
Kom ons staan op, met die Woord van God in die een hand en die graaf in die ander en ons rig die plek op wat God vir ons gegee het.
Hier is ‘n vliegveld op Orania – ek was ‘n passasier in ‘n Cessna 6 sitplek vliegtuig wat hier geland het. Daar is ‘n vliegklub op Orania en hulle het ‘n groot plan om ‘n lughawetjie hier te bou.
Hi, Please send to Quintin.
Quintin, my computer was stolen and with it your email address, please forward to me, will appreciate it. Regards Cedric
Verspry die volgende so veel as moontlik as jy lief is vir jou Land Suid-Afrika laat die digitale revolusie begin.
Dr. Stanton of Genocide Watch on farm murders in SA 2012.07.26
Noem sommer noual daardie hele gebied Orania.
Plaas dan vir ons ‘n kaart van Suid Afrika met waar daardie grens dalk eendag gaan wees.
Ek hou baie van die idee dat die Blankes daardie gebied moet begin beset, en ontwikkel.
Almal sal nie noodwendig op die dorp Orania wil saamkoek nie.
Ek sien heelwat meer mense wat so ‘n onderneming sal aanpak.
Is reeds besig om self ‘n “Trek plan” op te stel !!
Wat het van Hendrik le Roux geword? Woon hy nog op Orania? Hy was in die beginjare die hoof van die CVO-skool op Orania.
Broeders en Susters van die Afrikanervolk,
Ek weet nie of ek moet se wat ek alreeds gese het vir Dr Mulder via n epos vanaf Abu Dhabi maar ek gaan dit doen.Ek het vir Dr Mulder vanaf Abu Dhabi n epos gestuur waarin ek vir hom gese het: ” Ons volk is in ballingskap en daar sal nie beterskap kom nie alvorens die mens dit besef en weereens in rou op hulle kniee gaan voor die Almagtige God nie.Hy moet weer die regeerder word en politieke besprekings moet tot Sy eer wees.Daar van die verhoog af moet gese word—-SO SE DIE HERE—–.Ons geloofsoortuiging moet ons politiek wees en NIE ons politiek ons geloof nie.Ek voel baie sterk oor die punt.God moet weer Sy regmatige plek kry.Dit is eerste en nie onder die mens nie.Ons moet volgens Sy wil leef en nie die Bybel by ons laat aanpas nie.
Vriende ek kan bladsye vol skryf maar hierdie is die kern gedagte.Ek voel ook sterk oor die saak van vrye Afrikaner maar my God is eerste.Hoekom moet ons gebukkend gaan onder wat ook al en weer van voor af begin.God kan en sal ons uit ballingskap neem en die land weer terug gee aan ons mits die volk tot inkeer kom en met rou op ons kniee voor Sy aangesig verskyn.
Christen Groete.
Pieter Ernest Jonker.
If Orania is as successful as it SHOULD be surely there is enough ‘brain-power’ to build a hospital. Ask the Armish folk. You guys should be far further then you are.
What is the delay?
Wayne, the Armish folk have developed over centuries whereas Orania was founded only 21 years ago. Sustainable development doesn’t happen overnight. We are seeing that as more Afrikaners move to Orania, more businesses open and more public facilities are created. A thousand permanent residents hardly justifies a hospital. We do however have a clinic and a dentist. We are currently building a private surgery where two doctors will practice. I can guarantee that we’ll have a hospital as soon as there is a need for one. Rather than asking what the delay is, why not ask how you can assist in speeding up development?
Sal die leier van jul organisasie asseblief my kontak.
By voorbaat dankie.
my epos is waynehse@hotmail.com
‘n Kraamsaal is belangrik. Al is dit dan ook eers al wat daar is. Dit kan later ontwikkel word to ‘n vol hospitaal. Dit gaan nogsteeds duur wees maar sal wel eers ‘n paar rand of sal ek se ora spaar. En dit is tog immers belangrik dat getalle toeneem. My vraag is net waar is al die dokters van ons volk? Moes daar nie minstens nou al 1 of 2 permanentes gewees het nie?
Ek sal beslis help om Orania op te bou; ek is self tans net kort op finansies.
Wanneer plaas julle nuwe artikels op jul blog? Sien net artikels wat n paar maande al oud is! O ja,by http://www.opinieplatform.co.za is daar n artikel wat sê ons boere behandel hul plaaswerkers nie goed nie. Ek stem nie saam met wat in daai artikel staan nie. Gaan kyk asb n bietjie. Dankie.
Orania have every right to develop themselves. People that see something going right for a change in South Africa cannot in themselves see themselves changing, and may even be arrogant to good causes. This jealousy is possible born out of a deficiency to develop along something which is erstwhile and solid to the base, as Orania is. Orania is a brilliant system and I for one fully support it for its strength and fortitude.
Goeiedag, ek is n enkel ma van 3 kinders. Ek sal graag in kontak wil kom met iemand wat tyd sal spandeer om n klomp dinge met my te bespreek, ek wik en weeg noual 2 jaar lank om Orania toe te verhuis as gevolg van al die trauma wat ons al beleef het en voel dat ons ook geregtig is op n normale en vry lewe. Ek het noual na al die videos ens gekyk.
Goei naand
Ek is n gekwalifiseerde laerskool onderwyser. Ek sien daar is skole op Orania. Ek wil weet hoe waar doen ‘n mens aansoek vir ‘n pos by die skole.