Dana Snyman, aanbieder van Op pad met Dana, besoek Orania en gesels met Quintin Diederichs oor Suid-Afrika en die Afrikaner se toekoms.
Dana is bekend vir sy ietwat liberale standpunte, maar gee toe dat hy nooit gedink het dat Orania so mooi sou groei na hy meer as 20 jaar gelede die dorp laas besoek het nie.
Orania buit sy mense uit. Dis waarlik n plek waar die rykes ryker word en die armes armer. Hulle beweer om n christelike grondwet te handhaaf, maar tree onchristelik op teenoor hulle eie mense. Wat nog te se van ander rasse wat hulle nie eers kan verdra nie. Dis die bestuur van Orania. Karel Boshoff ek kyk na jou.
Die inwoners self, die wat uitgebuit word, is vriendlike mense wat jou met respek hanteer, maar word nie waardeer deur die dorpsraad nie.
Riaan van der Made
Riaan, dis interessant om te sien hoeveel arm Afrikaners met absoluut niks in Orania aangekom het en vandag ‘n werk, kar en dak oor hul koppe het. Ek kan vir jou baie voorbeelde noem.
Oor die algemeen word ryk mense gewoonlik ryker omdat hulle hard en slim werk terwyl hulle hul finansies verstandig bestuur. Arm mense word armer indien hulle nie die redes wat hul armoede in die eerste plek veroorsaak het aanspreek en daadwerklik omkeer nie. Hierdie reel geld oral in die wereld… en gelukkig in Orania ook.
‘n Afrikaner wat in Orania verarm, het werklik geen verskoning nie want nerens anders op aarde word Afrikaners so bemagtig soos in Orania nie. As jy dit nie in Orania kan maak nie gaan jy dit nerens maak nie.
👍
2016-08-30 16:19 GMT+02:00 Die Hartlander :
> Quintin Diederichs posted: ” Dana Snyman, aanbieder van Op pad met Dana, > besoek Orania en gesels met Quintin Diederichs oor Suid-Afrika en die > Afrikaner se toekoms. Dana is bekend vir sy ietwat liberale standpunte, > maar gee toe dat hy nooit gedink het dat Orania so mooi ” >
Dis so verskriklik hoe ons as gewone mense se lewens deur wetgewing en politiek uitmekaar geskeur word. Ek lees “1795 ” deur Dan Sleigh en dis asof die geskiedenis voor mens blootgelê word. My dogter en haar familie emmigreer Kanada toe, 2 van my broers is reeds jare al in Engeland en Australia miskien juis daarom is Orania vir my n baken van hoop … al vind Deon Meyer in Spoor dit afstootlik dat ons as Afrikaners n honger het na eie plek en menswees. Ek wil julle geluk wens met jul deursettingsvermoë en visie.
Korreksie. Die versysing na Deon Meyer se boek Spoor en sy post apokaliptiese Suid Afrika was verkeerd. Sy nuwe boek boek “Koors” is van toepassing op Orania.
Korreksie. Die verwysing na Deon Meyer se boek “Spoor” en sy post apokaliptiese Suid Afrika was verkeerd. Sy nuwe boek boek “Koors” is van toepassing op Orania.