Sal Afrikaners ooit die historiese smet ontkom?

South Africa /Police op.in Soweto 1986.

 ‘n Voorbeeld van die beeld van Afrikaners wat vir dekades lank vir die wêreld gevoer is

Die Afrikanervolk staan kollektief voor die wêreld skuldig aan apartheid, ‘n verklaarde misdaad teen die mensdom.

Geen geskiedskrywing, letterkunde, of joernalistieke verslag, wat na Afrikaners verwys, word gedoen sonder verwysing na die oorsprong, praktyk of gevolge van apartheid nie. Geen daad van die apartheidsregering kon “goed” gewees het nie, omdat dit met onreg besmet is. Afrikaners kry slegs eervolle vermelding as hulle blanke heerskappy ondermyn het.

Boonop heers in die algemene opvatting ‘n soort voorspoedsteologie. Dit wat ondergaan, was nie net bestem om onder te gaan nie, dit het ook verdien om onder te gaan. Anders gestel, dit moes verkeerd gewees het, anders sou dit bly staan het. Daarteenoor, dit wat floreer, kan nie heeltemal verkeerd wees nie, anders sou dit onder gegaan het.

Die getuienis daarvan lê selfs in ons eie geskiedenis. Toe die Suid-Afrikaanse staat in die 1970’s onwankelbaar gelyk het, was selfs Afrika-lande bereid om daarmee geassosieer te word. Die detente-beleid, waarvan dr Connie Mulder die argitek was, was vir sy premier, mnr John Vorster, ‘n reuse sukses. Maar toe Suid-Afrika begin wankel, was daar geen vriende meer nie.

Laat ons eerlik wees: Die beskuldiging teen Afrikaners bevat ‘n groot mate van geldigheid. Waar en wanneer Afrikaners ookal die bewind gevoer het, was hulle gemaklik daarmee om as minderheid oor ‘n swart meerderheid te regeer – dit selfs met geweld af te dwing.

Teenstellende redenasies is aanvaar: Wanneer grond verower is, het die Beloofde Land-motief na vore gekom; die land wat ons moet binnegaan omdat God dit vir ons gegee het. Teenoor Britse imperialisme is geglo dat Brittanje onregmatig besit neem van goud en grond wat deur die Voorsienigheid vir die “kinderen des lands” (Afrikaners) gegee is. So laat as die 1980’s het geen parlementêre party dit gewaag om hom vir “meerderheidsregering” te beywer nie.

Nou kan die vraag wees: Waaroor kla Afrikaners? Dit lyk maar na “boontjie kry sy loontjie”. Dit sou waar wees as die genoemde onreg bo alle ander uitstaan.

Tog: tydens die Afrikaner se bestaan was daar volksmoorde in Australië, die VSA, Turkye (met Armeniërs as slagoffers), Duitsland, Zimbabwe, Serwië en talle ander lande. Die aggressors het in elke geval na die tyd steeds hulle eie lande beset en besit. Daarom kan hulle die gebeure intern bedink, beredeneer en selfs, in enkele gevalle, boete doen. Hulle totale bestaan word egter nie in terme van daardie een aspek geïnterpreteer nie.

Apartheid was ‘n komplekse beleid, wat wel op blanke heerskappy afgestem was. Maar as onderdrukking die doelwit was, sou apartheid-Suid-Afrika veel anders daar uitgesien het. Die kompleksiteit hiervan behoort historici nog lank besig te hou.

Een sentrale vraag behoort te wees of die Afrikaner ooit die smet van misdadiger teen die mensdom sal ontkom. Of sal Afrikaners vir altyd sy verlede as’t ware onder toesig van ander moet beskryf. Sal dit altyd nodig wees om eers ‘n lys van verskonings op te stel voor enige ander historiese vraag bekyk kan word?

Die antwoord lê in ‘n oënskynlik onverwante kwessie.

Dit is die vraag of Afrikaners ooit weer polities vry sal wees. Slegs wanneer daar êrens ‘n streek is wat werklik as “Afrikanerland” beskryf kan word, sal historiese – en toekomsverkenning weer vry kan wees.

 

 

28 gedagtes oor “Sal Afrikaners ooit die historiese smet ontkom?

  1. Anthony Schlemmer

    Apartheid was bedoel om volkere algehele vryheid te gee, deur hulself in ‘n eie gebied te regeer. Dit was nie bedoel om teen mense opsetlik te diskrimineer nie.

    Ongelukkig word wandade teen Afrikaners nooit so holrug gery in die media, soos apartheid nie.
    Wat van die ongeveer 27 duisend Afrikaner vroue en kinders wat in haglike omstandighede in konsentrasie kampe dood is ? Die duisende plase wat afgebrand is ?
    Gedurende apartheid het ons nie 80 jarige swart mense, of klein kinders brutaal gaan vermoor op plase nie!
    Sedert 1994 is duisende der duisende Afrikaners al vermoor as gevolg van rassisme. In die meeste gevalle weier die media om dit ‘n rassistiese moord te noem. Noem dit eerder gewapende roof, terwyl niks gesteel is nie.

    Afrikaners se smet? Nee wat, die smet wat teen ons gepleeg was en huidiglik nog steeds gedoen word, is erger! Dit word net nie so uitgebeeld in die media nie.

  2. Anna Theron

    Leonie, wat dink jy gebeur nou? Kan jy enigsins objektief na ons land en sy regeringstelsel kyk? En die hele wye wêreld se lande het op een of ander stadium in sy geskiedenis, onderdrukking of oorheersing in sy geskiedenis beleef, van een of meer van die oortuigingsgroepe, vir of teen die heersersende groep.
    Jou laaste paragrafie is nie so irrelefant nie, Wynand, vir die Afrikaner van die allergrootste belang.

  3. Anna Theron

    Ben, ek “like” wat jy sê. Die grootste fout van die blanke Afrikaner, na die “ja”-stem, was seker toe geboortebeperking slegs onder blankes toegepas is, en daarna moes ons die baie kinders finansiël versorg van die wat onverhoord aangeteel het, tot vandag toe. Met getalle onderdruk het ons ons eie kele afgesny. Ek kyk liewer na die toekoms as om terug te wens, maar ons moet ook weet waar ons fouteer het. Maak asseblief seker dat jy meer wyd gelees word, Wynand, ek wag vir die volgende insiggewende leesstuk.

  4. Johan Botha

    Afrikaners sal weer vry wees in hierdie land – die HELE land. Daar is ‘n genadige God wat sy eie Naam weer hier in ere sal herstel. Die onreg, leuens en verraad teenoor en binne die Afrikanervolk sal gewreek word en eindelik sal die wereld met ontsag staan oor die wonderwerk wat hier plaasgevind het. Leuens het die manier om uiteindelik ontbloot te word, en die volk van God in Suid-Afrika sal smetloos staan terwyl die buitewereld bontstaan om hulle eie sondes en skandes te probeer ontkom.

    1. Johan, ons is ‘n volk soos enige ander volk en soos enige ander volk het ons ‘n bestaansreg! Net ons kan die leuens aangaande ons ontbloot en ook net deur ons voorbeeld.

      Dié voorbeeld sal ons ook net kan stel as ons in volle beheer van ons eie doen en late is want dan is dit net ons wat die geskiedenis daarvan kan skryf.

      Die reg van die enkeling, soos die reg van die groep is onderhewig aan die mate waartoe hy of hulle bereid is om daai reg te beskerm en te verdedig. Dis daai reg wat vir Orania ‘n bestaansreg gee!

      Uitverkorenheid: Niemand is uitverkore nie! My God is ‘n onpartydige en regverdige God. Hy beloon na verdienste!

      Ons sal vryheid geniet mits ons dit verdien en nie daarvoor vir sinterklaas sit en wag nie.

  5. Andre de Kock

    O my Hel! Kollektief skuldig is die kruks van die saak hier. Dit sluit nou almal in. Die “onskuldiges” moet saam met die “skuldiges” ly. Dis nou elke Afrikaner-of hy nou VP of NP gestem het-NG of Hervormer, Broederbonder of Israeliet, Kenkrag of OB, MWU of Solidatiteit, HNP of DP, AWB of FAK, Boervolk of Prog, Voortrekker of Bywoner, Bittereinder of Verraaier, Apostel of Priester, Generaal of Troep, Kafferboetie of Kafferslaner, Boer of Stadsjapie, Liberaal of Konserwatief.
    Johan Botha hierbo of Wynand.
    Jy en Ek
    Ons is grootgemaak met die ideologie van Groot Apartheid-Die Argitek Dr Verwoerd se Groot Idee waarmee hy die wereld kon aanvat as ideologies regverdig.
    Maar ons het grootgeword met Klein Apartheid-aparte rye in die Bank, Aparte busse, Aparte skole, Aparte woongebiede, Lokasies en eie bioskope, Geen kaffer op my pavement nie maar ‘n meid in die kombuis. Geen houtkop in my bakkie nie maar die meid pas my pa op.
    My laaitie klap die kleinmeid dat die sop spat maar haar ma moet sy sussie op haar rug dra.
    My hond sit voor in die bakkie en Outa Jan wat my plaas (en duur trekker) bestuur sit agter-op. Ons is God se eie Volk en hulle is die Filistyne.
    Ons kan NOOIT skuldig wees nie.
    Ons het Totius en Jan F Cilliers en Chris Barnard en Yskor en Evkom en Sasol.
    Ons het die Polisie en die Army en vegvliegtuie wat lokasies kan opblaas binne-in Tafelberg.
    As ek laaste in die kafee instap word ek eerste bedien of die Porra kry op sy moer.
    Ek hoef nie dankie en Asseblief te se vir geen houtkop nie.
    Is julle skuldig of het julle net vergeet?
    Of glo julle die stront wat Johan Botha praat?

  6. Andre de Kock

    So gedog.
    Jy kry net twee tipe Nazi’s wat Jode vermoor het.
    Die wat lid van die party was en die wat niks of nie genoeg gese het nie
    Al die Duitsers moet die skuld dra. Al die Afrikaners moet die skuld dra.
    Die verskil is die Duitsers tjank nie. Hulle werk.

      1. Andre de Kock

        @Anthony. Ek weet dit en jy weet dit maar wat dink die wereld? Wynand verwys na die “smet” Wag tot Nelson Mandela sterf dan sal jy sien hoe word die Afrikaner weer van vooraf ‘besmet’
        Hoekom dink jy is daar geen simpatie met die plaasmoorde nie? As die Jode hulle vryheid in Duitsland gekry het en ‘n klomp Duitsers vermoor het-sou die wereld nie presies dieselfde apatie gehad het nie?
        Vir die wereld is daar geen verskil tussen Hitler en Verwoerd nie-Hitler het ook nie direkte bloed aan sy hande gehad nie. Eugene de Kock en Adolf Eichman is vir hulle dieselfde-en ons vergelyk Kitchener met Himmler. Dit hang net af van watter kant af kyk ‘n mens.
        Vir die wereld is Mandela en Ghandi en Ben Gurion dieselfde.
        Maar moenie my vra nie-vra die kinders wat vandag op skool is wat leer hulle van Apartheid.
        “Crime against Humanity”, Racial dicrimination, Denial of Freedom of Movement, Denial of Voting Rights, Forceful movements, Compulsory Passes en Denial of Basic Human Rights klink vir iemand in Amerika baie soos Racial Hygiene, Antisemitism, Racial cleansing en Genocide.
        Is of was dit so erg so die Ku Klux Klan? Ek weet nie-ek onthou net White by Night.

    1. Andre de Kock

      Ja Dirk-en jy het ‘n prentjie van ‘n vieslike klein seuntjie in Engeland gekies om jou uit te beeld. En omdat jy nou gese het hoe dat ons mekaar beskulding hoef jy niks te doen nie-want jy wys net die probleem uit.

  7. Jan

    Weereens uitstekende gedagtes Wynand.

    Wynand beklemtoon die ware oorsaak van ons vervolging naamlik die Suksesteologie.- met die boodskap aan die leser : moet tog net nie van een dwaling /duiwel ‘n duisend ander maak nie. Want sukses is NIE die toets vir geregtigheid NIE. – inteendeel word die regverdige Christene nog altyd vir die leeus gevoer van Rome se tyd af.

    Vervolging en rampsoed is egter ook nie die toets vir geregtigheid nie – dis heidens.

    Sukseteologie is die ‘dwaling van die eindtye’ die ‘New Age teologie’ in al sy gedaantes.
    Dis basies die Sceintology kultus van Job – soos Mandela gesê het: ‘Man is the master of his own destiny…” en Paganisme heidendom van Nongwaie van die Xhosas: “brand al julle oeste, slag al julle vee, vermoor al julle volkshelde en bid tot die voorvadergeeste [evolusieleer] vir ‘n wonderwerk wanneer die son uit die Weste sal opkom en al ons vyande in die see sal jaag”

    Die moderne weergawe is die Tsafendas kultus van rampgedrewe lewens na niks toe.

    O nee ons redding lê in die volle waarheid van die Bybel naamlik ‘n doelgerigte lewe uit dankbaarheid vir die bevryding wat Jesus ge-offer het. Volgens die werk van Calvyn et al.
    Ons vaste geloof in Ons God Ons Volk en Ons self..is inderdaad die enigste opsie vir die voortbestaan van die Afrikanervolk.

    Of hoe?

    .

    1. jan

      Jammer oor ‘n ernstige foutjie. Scientology is die teologie van Job se Troosters – waarna Wynand verwys. Dit moet lees .”..waaroor die boek Job gaan…”

      Lees gerus Jeremia 31: 20-22.hoedat God Sy volk red deur iets nuuts op die aarde te skep naamlik: – die vrou sal die man beskerm!!’

  8. Danie

    Voel jy skuldig?.Ja apartheid was verkeerd ,om mense net oor hul vel kleur tweede hande Suid Afrikaners te maak. SA het omtrent dieselfde tyd uit die koloniale wegspring blokke gekom as die res van Afrika of hoe , ek is nie ‘n geskiedkundige nie? Dit is duidelik vir enige persoon wat al deur Afrika getoer het dat SA ver voor geeindig het, in 1994 ,ons het dieselfde infrastruktuuur daar gestel wat omtrent die hele res van Swart bestuurde Afrika kon bymekaar maak. Dis tog duidelik dat infrastruktuur nodig is om ‘n land en sy mense voortvarend te maak. Dit word elke dag deur die wereld erken dat SA die ekonomiese masjien van Afrika is.

    Dit is tog duidelik dat die swart mense het ‘n tweede klas lewe in apartheid SA ontvang het sodat hulle en hulle kinders ‘n beter toekoms sal kan geniet, in ‘n vry SA. As dit nie vir apartheid en die onderdrukking van die meerderheid swart mense in SA was nie, sou huidige Suid Afrikaners, enigsins ‘n beter lewe kon geniet ,as die norm vir algemene lewens standaard vir arme swart mense in altyd swart besturende Afrika.lande

    hoe meer Afrikaner sulke tipe vrae vra, en nie rasistiese aan of op merkings maak nie, Ek is nie beter as ‘n swart man omdat ek ‘n Afrikaner en hy swart is nie,hoe meer sal die swart mense en die wereld besef , dat apartheid eintlik miljoene swart mense van ‘n krepeterende lewe soos hulle broers in swart Afrika gehad het en nog steed het. Dit lyk my die enigste mense wat wen in ‘n swart bestuurde Afrika land is die politieke leiers hul vriende en familie.? Is daar enige net een Afrika land wat van die koloniale ontsetting demokraties was , gebly het , en waar die leiers altyd gewerk het vir hulle mense se voor uitgang?

    Afrikaner hoekom voel jy daar is ‘n smet op jou omdat jy ‘n Afrikaner is? Raak trots op jou kultuur dit het SA en al sy mense, swartes ingesluit van ondergang soos die res van Afrika gered . Ja daar was en is vrot appels , soos in enige kultuur. Nie noodwendig die Afrikaner hobo nie, dit mag ook die skatryk Afrikanerwees , wat mense onderdruk het om heel bo uit te kom.

    Ek gebruik altyd die voorbeeld, ek het in ‘n beskermde huis groot geword , waar my pa nooit ‘n kragwoord voor my gebruik het of ooit op ‘n drank stasie was nie , nog minder mag ons kinders ons huis bediendes en tuinwerker iets beveel. Nooit mag ‘n K of H woord in ons huis gebruik word nie, my pa het selfs een van my vriende tereg gewys wat van H gepraat het. In die weermakg op die grens, word ‘n plaaslike vrou verkrag, deur ‘n soldaat met rooi hare. My LMG 2 , ‘n Afrikaaner,was die enigste man in die area met rooi hare. Toe hulle hom vang en deursoek kry hulle ‘n kamera , met fotos , waar hy en ‘n ander vrot appel ‘n half dooie bees verkrag.Alle kulture en goepe het vrot appels, kom ons aanvaar dit, en verafgod nie ons kultuur nie.
    Asb Afrikaner kom ons vergewe die Britte vir die sonde van hul voorouers, en beweeg aan, die huidige geslag kan nie help nie, net soos ek nie kan help dat my oer oupa slawe gehad het nie.
    Afriker ons is nie beter nie, begin ktitiese vrae vra, en hou jou kop hoog.

  9. Sara

    Die propaganda masjien wat teen ons was en nog steeds is, was groot en magtig gedryf van uit die buiteland deur magte wat baie min vir die massa swart mense in SA omgegee het. Lees maar Anthea Jeffrey se boek The Peoples War waar sy die ANC se metodes geskoei op dit wat die kommuniste in Vietnam reggekry het beskryf. Dr. Peter Hammond het ‘n artikel geskryf “True guilt and false guilt” (Dis op die internet beskikbaar) waar hierdie saak ook aangeraak. Volgens hom ly ons wittes in SA in die algemeen en Afrikaners in die besonder aan “false guilt” en selfs die Afrikaanse hoofstroommedia werk lustig daaraan mee. Daar is ‘n paar dinge wat vir die Afrikaner baie belangrik is en dit is sy godsdiens, taal en sport en hierdie elemente is en word goed gebruik om die Afrikaner as volk te ondermyn. Om alle Afrikaners kollektief te laat skuldig voel oor wat onder Apartheid verkeerd was of vandag elke swarte oor die gruwelikhede van die kommunistiese ANC en hulle meelopers verantwoordelik te hou is net bloot verkeerd. Balans moet gesoek word en dis waarom werke van ons geskiedskrywers soos Prof. Gilliomee belangrik is. SA was en is nog altyd ‘n komplekse land en die bydrae wat die Afrikaner gemaak het om dit op te bou wat dit in 1994 was moenie onderskat word nie. Wat op die oomblik hier aangaan onder die ANC word deur die wêreld noukeurig dopgehou. Die golf van moderne liberalisme of neo-Marxisme (soos party dit noem) wat die wêreld vir so lank oorheers het se krake begin ook wys. Konserwatiewe partye oor die res van die wêreld trek ook meer steun.

  10. Daniël Laäs

    So goed gestel in so min woorde. Alles wat tussen 1910 en 1994 gebeur het is per definisie sleg en veragbaar bloot omdat dit onder die vaandel van ‘n witminderheidsregering plaasgevind het!

  11. Aan die verlede kan ons niks doen nie. Whats done is done! Stop om te broei op eiers wat lankal uitgebroei is.Fokus eerder op wat ons kan doen om hierdie land weer rustig en produktief te kry.

    Terloops ek het nie eens die hele artikel gelees nie omdat dit oorloop van negatiwiteit.

    1. bloedbek, miskien moes jy maar eerder klaar gelees het.

      Dit wat jy as negatief sien is ‘n onbevange en gebalanseerde kykie op die oorsake wat tot die situasie van nou, aanleiding gegee het!

      Sonder sulke terugblikke gaan ons die foute herhaal wat ons reeds gemaak het en ook nie ou bedreigings in ‘n nuwe gewaad as sulks erken nie!

  12. Ware woorde Wynand en nodig dat jong Afrikaners dit hoor. Die jeug word onophoudelik gebombardeer met anti-Afrikaner propaganda op skool en deur die media. Ons volk het nie meer ‘n binnekamer waar ons self kan besin oor ons skuld, ons winste en ons verliese en oor ‘n toekoms-strategie nie. ‘n jong Afrikaner skryf gister in ‘n kommentaar op News24 “ons het geen reg om hierdie land te regeer soos ‘n Ariese ras reg uit Hitler se Mein Kampf nie”. (http://www.news24.com/MyNews24/An-Afrikaner-and-DA-voter-how-dare-I-20130724)

    Dis die smet waarvan jy praat, Wynand en dis so dik aangemaak dat ons onsself sommer aftakel. Wat meer is, dit word aan ons voorgehou asof die Afrikaner ‘n heel beskaafde land kom afneem het van die vredeliewende volkere en hulle uit suiwer rasse-haat onderdruk het. Dit help natuurlik om die aandag at te lei van die Britte se verskroeide aarde beleid (nadat hulle wél beskaafde republieke afgeneem het) en die Britte se 1913 natives land act.

    Meeste mense is nie polities ingestel nie en neem daarom die weg van die minste weerstand deur Engels te praat, vir die taxi te wag dat hy oor die rooi lig kan jaag en nie ‘n groot bohaai te maak van ‘n gesteelde foon nie. Enige weerstand of reaksie deur ‘n Afrikaner word eerstens rassisties geïnterpreteer alvorens enige ander motief oorweeg word.

    ‘n Gevolg is dat die minder ingeligte Afrikaner op straat begin om te reageer op die onreg wat hy rondom hom waarneem. Hy maak kapsie teen daardie onreg maar op so ‘n manier dat daar direk vingers van rassisme na hom gewys kan word.

    Dis ‘n haglike, haglike skaak-mat situasie waarin ons volkie vasgevang sit. As ons hierdie wa deur die drif kan kry gaan die vryheidsvlam waaragtig hoog brand!

  13. Gerhard

    Die probleem met die Afrikaner is dat hy n krimpende minderheid in Suid Afrika is. Dawie Roodt, die ekonoom, se artikel vandag in Rapport is nogal insiggewend in die sin dat hy my denke bevestig: Blankes se getalle in verhouding tot die res van die bevolking neem af en kan selfs tot onder 5% (tans is dit 8.9%) daal van die Suid-Afrikaanse bevolking. Swartes se bevolkingsgroei kan eers oor 40 jaar noemenswaardig stabiliseer. Dit is die werklikheid. Daar is egter een ligpuntjie. Onder blankes, verteenwoordig Afrikaners tans vir die eerste keer in eeue meer as 60% van die blanke bevolking van Suid-Afrika. Ja, ek is n ou Hertzogiet in die sin dat ek glo in n homegene volk met Afrikaans as die Lingua Franca.

    U mag dalk vra wat die bogenoemde standpunt met die prys van eiers en die artikel uit te waai het. Die kruks van die saak sal later duidelik word. Ons is n klein volkie (ek hou nie van die “ie” in hierdie konteks nie, maar kom ek gebruik dit maar in hierdie konteks). Regdeur die 20ste eeu het ons getalle in proporsie gekrimp, alhoewel ons groei teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners. Die probleem is dat “klein” Apartheid en n paar ander nasionale en internasionale faktore teen ons gedraai het. ‘Klein” Apartheid waar daar vir bv. verskillende openbare geriewe voorsiening gemaak is was n skandvlek op ons geskiedenis. Was dit nie NP van wyk louw wat melding gemaak het van “oorlewing met geregtigheid? nie. Een of ander liberaal het ook melding gemaak dat n klein volkie dit nie kan bekostig om “vyande van die wereld te maak nie” en dit is presies wat ons gedoen het.

    Ja, dit is tereg so dat die internasionale gemeenskap erg teen ons begin draai het sedert die einde van die 2de wereldoorlog. Die pragmatiese Jan Smuts het ironie genoeg n groot rol gespeel tot die totstandkoming van die VN. Selfs toe Smuts nog eerste minister was het die donker wolke oor die unie en later die Republiek gepak het en selfs Smuts was teleurgesteld in sy nuwe baba. Selfs hy het besef dat die Weste se invloed besig is om te taan en dat die Afrikaner die eerste “verloorder” kan wees. Die Afrika-Asie blok en later selfs die weste het ons genadeloos aangeval ten spyte van hul eie immorele handelinge.

    Maar laat ek nou by die punt uitkom: Selfs al kry ons n eie staat, dan sal dit noodwendig n liberale Afrikaner staat moet wees. Nee ek praat nie van LIBERALISME nie, ek praat van Konserwatiewe liberalisme: Vryheid van spraak; vryheid van assosiasie; vryheid van geloof en nog vele ander. Daar is in Nuus24 juis n artikel van n liberale skrywer waar sy ironies genoeg die onliberale aard van die liberale politieke korrektes aanval. Sy voel ongemaklik met hierdie soort liberalisme……..

    Orania kan die beginpunt wees van n nuwe Afrikaner Republiek mits dit die Afrikaner klasse (ek moet dit ongelukkig noem), werkersklas, elite, middelklas en ander,saam kan snoer. Die Nasionale Party kon juis in die verlede Afrikaners van al die klasse versoen alhoewel dit gedurende die laaste jare van die 60s aan die verbrokkel was.

    Orania se doel moet dus wees alle Afrikaners saam te snoer. Ek is verbaas oor die verskillende soort Afrikaners wat ek deesdae raakloop. Ek woon tans in die Kaap en ek kan sien dat bittermin mense n behoefte het aan n Orania of n eie staat.

    n nuwe staat kan net gevestig word wanneer ons onsself bevry van hierdie 20ste eeuse nagmerrie van Apartheid waar vryheid ingeperk is op Afrikaners en nie-Afrikaners. Die nasionaliste het bv. besluit wat ons mag lees en nie maag lees nie. 1000de publikasies is verban.

    Ons moet weer die republikeinse strewe en denke soos vervat in die ou grondwette van veral die Republiek van die Vrystaat gaan afstof want in n sekere sin was Afrikaners in die 19de eeu (Boere) meer vry in die ou republieke as wat ons onder Apartheid in die 20ste was. Daardie grondwette moet weer afgestof word en vernuwe word om dit n nog meer………

  14. Gerhard

    Republikeinse demokratiese geur te gee. Die ironie is dat vandag se boere nie werklik die demokratiese aard (al was dit nou net blankes) verstaan nie.

    Apartheid hoort in die asblik van die geskiedenis en dit is goed so, alhoewel n mens kan verstaan waarom dit ontstaan het.

    Ons moet dus n werklik oop demokratiese samelewing word wat alle Afrikaners en ander mense na ons klein volkie aantrek deur goeie en demokratiese handeling.

    Hierdie is iets wat ons kan beheer en verander. Die grootste probleem wat ons het is egter die probleme soos vervat in die eerste 3 paragrawe. Indien ons nie daardie tendense kan omkeer nie dan is dit wat ons kan beheer juis in die gedrang. Hierop het ek tans nie n antwoord nie waqnt dit ondermyn ons toekoms. Amper soos minderhede in China wat moet oorleef binne die konteks van n land waar hulle verswelg word. Vir daardie minderhede is n “volkstaat” onmoontlik binne die afsienbare toekoms. Ons het egter voordele wat ander soos die joodse gemeenskap nie het nie: Ons kan Afrikaners maak van ons ou voorsate soos o.a.Europa en Amerika. Plaaslik moet ons die engelssprekendes verafrikaans. Ons moet n volk word wat aantrek en nie een word wat afstoot nie. Selfs nie eers ons eie mense nie.

  15. Gerhard

    Maar laat ek gou laastens nog n ligpuntjie noem: Afrikaans gaan in die toekoms n belangrike invloed as n inheemse taal in Suid-Afrika uitoefen. Afrikaans en Engels verteenwoordig ironies genoeg die enigste tale waar mense toenemend verkies om in opgevoed te word onder al die bevolkingsgroepe. Ja, Afrikaans is tans in n moeilike posisie wat betref die hoogste funksies soos bv. hoftaal maar dit sal omgekeer word namate die nuwe Suid-Afrika op n dawinistiese wyse ontslae gaan raak van die Engelssprekende kultuurlewe (niks persoonlik teenoor die engelse nie). Daar gaan toemend oor die volgende dekades n kultuurstryd ontstaan tussen Afrikaanstalliges asook Afrikaners en “Anglo-Africans”. Afrikaans gaan hierdie stryd wen indien Afrikaners die ekonomiese mag behou. Is dit nie ironies dat die ander 9 amptelike tale sy status verloor na “demokrasie en vryheid” nie. Ons is toenemend op dieselfde pad as ander lande in Afrika waar die taal van die voormalige heersers (b.v Fraans, Porugees en Engels) koning kraai. Dit is in hierdie konteks wat ons gaan veg vir n volkstaat. Ten minste is Afrikaans dan nog steeds n sterk taal. Die taal van die Afrikaner gaan koning kraai in Suid-Afrika…….alhoewel ons n nuwe stryd gaan voer teen engels. Ironies genoeg is Afrika nasionalisme gebou op n vreemde taal terwyl Afrikaner nasionalisme gebou is op sy eie moedertaal. Dit kan net voordele inhou en dit sal toenemend n rol speel in die ondermyning van hierdie “smet teen die mensdom”-vraagstuk. Ons moet net ons wil behou om die taal te praat en veg vir die hoe funksies. Die nuwe Suid-Afrika het ironies meer gedoen vir Afrikaans as wat die Soweto opstande ooit kon doen. Mnr. Mandela het sy eie mense se tale se doodsertifikaat geteken m.b.t hierdie tale se hoogste funksies (o.a. hoftaal en universiteitstaal).

    Groete aan almal

  16. Net ‘n paar vinnige opmerkings op van die kommentare hierbo.
    Getalle het niks met ‘n Volkstaat uit te waai nie. (Die Jode sit met 6 miljoen tussen 600 miljoen Arabiere-en hulle het met 120 duisend begin)
    Volkstaat het niks met geld uit te waai nie (Suid-Soedan is die armste land in die wereld-maar hulle regeer hulself)
    Die groot ding is politieke wil. Die Jode het vir jare gelukkig in Europa en Rusland gebly en wel gepraat oor ‘n volkstaat maar daar het nie regtig iets gebeur voor die Russiese pogroms van 1917 en die Judenrein van 1933 nie.
    Brett vra waarom die Afrikaner toelaat dat ‘n klein groepie mans hulle lotsgevalle beheer? Want dis hoe dit werk. Geskiedenis word gedryf deur persoonlikhede, gebeure en ekonomiese omstandighede. Terwyl dit finansieel goed gaan en niks gebeur nie is daar gelukkig ‘n klein groepie mense met visie wat weet dat dit nie altyd so sal gaan nie. Daarom laat die res hulle maar begaan. WTSHTF is almal maar te bly dat hulle daar was en die opoffering gemaak het.

  17. Wat is die plig wat die hand van die geskiedenis lê op ons as die eerste geslag Afrikaners van die een en twintigste eeu? Ons moet die land wat twintigste eeuse Afrikaners aan die kinders van Dingaan gegee het weer terugvat en daar is net een manier om dit te bewerkstellig: Ons moet weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word. Dit was God se antwoord toe die Israeliete in die tyd van Gideon tot Hom geroep het. Dit was waaruit die Voortrekkers voor Bloedrivier hulle inspirasie en geloof geput het en dit was ook God se antwoord toe hulle nageslag daarna weer onder Britse heerskappy verval het. Dit sal ook sy antwoord wees wanneer ons tot Hom nader, want vrye volke is die basis van God se skeppingsorde. Hy sal egter nie aan ons vryheid gee as ons nie deur ons dade bewys dat dit vir ons belangrik is om ons verlore erfenis weer te herwin nie.

Lewer kommentaar